book-icon Uitgawe 27 September 2020

Armand Aucamp en kêrel trek net voor lockdown saam in: Ons is nou sterker saam

akkreditasie
Vandag is Armand so verlief dat hy ander wil help liefde vind met die Afrikaanse maatsoek-app, Koer.
Foto: Verskaf
Vandag is Armand so verlief dat hy ander wil help liefde vind met die Afrikaanse maatsoek-app, Koer. Foto: Verskaf

Hul eerste ontmoeting was eerder soos ’n toneel uit ’n romantiese komedie as ’n liefdesdrama. Armand Aucamp het in ’n gimnasium in Seepunt, Kaapstad, met ’n vriend staan en gesels toe hy “ ’n ou met grys hare” vir hom sien waai en hy ewe vriendelik terugwaai.

As bekende akteur is hy immers gewoond daaraan dat bewonderaars hom herken waar hy ook al gaan. Maar toe kom Armand agter die vreemdeling het nie vir hóm gewaai nie, maar vir die man by hom. 

“Ná my embarrassing oomblik toe ek vir iemand waai wat nie vir my waai nie, het ek vir ons vriend gevra: ‘Wie is daai ou?’ Ek het hom aanlyn gaan stalk en hom op Instagram gevind en toe daar begin gesels.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees