Hy is nou op VIA te sien as die aanbieder van ’n kosprogram met dieselfde titel as sy gewilde kookboek, Armand Kook Kaal.

In dié program verwelkom hy bekende gaste in sy kombuis en maak saam met hulle ketovriendelike geregte (met min koolhidrate). Ons het by hom gaan hoor watter wenke hy met van sy gaste in die program deel.

Armand Aucamp
Die akteur Terence Bridgett en Armand Aucamp. Foto: Afrokaans Film & TV
Armand Aucamp
Die aktrise Cintaine Schutte en Armand Aucamp. Foto: Afrokaans Film & TV.

“Ek het vir die akteur Terence Bridgett gewys hoe om ’n blaasvlam te gebruik om crème brûlée te maak,” vertel hy.

Die Fynskrif-aktrise Cintaine Schutte het by hom uitgevind “hoe om smullekker brownies sonder meel en suiker te maak”.

Armand Aucamp
Die akteur Roberto Kyle en Armand Aucamp. Foto: Afrokaans Film & TV
Armand Aucamp
Die aktrise Amalia Uys en Armand Aucamp. Foto: Afrokaans Film & TV

Roberto Kyle, wat teenoor Armand in Knapsekêrels gespeel het, weet nou “hoe maklik dit is om gerolde varklies te maak”, terwyl Chanelle de Jager, teenoor wie hy in Stroomop speel, ’n pizzabasis uit gevlegde spek kan maak.

En vir die aktrise en Pasella-aanbieder Amalia Uys het hy gewys hoe om blomkool te gebruik om ’n aartappelslaai na te boots. “Dit smaak net so lekker,” beloof Armand.

Armand Kook Kaal word elke Maandag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.