Al woon Morné Steyn, sy vrou Christelle en hul seuntjies, Jóvan (6) en Christean (3), deesdae in Parys, Frankryk, waar hy vir die rugbyklub Stade Français uitdraf, is hy en Arno gereeld in kontak en probeer hulle om mekaar minstens twee of drie keer ’n jaar te sien.

View this post on Instagram

The “Wall of Love”!!????

A post shared by Morné (@mornesteyn) on

“Ek en Morné is al 16 jaar lank vriende, en ons kinders is ook beste maatjies,” vertel Arno aan Huisgenoot.

Die sanger en sy vrou, Lizanie, het twee seuntjies, Milan (5) en Luka (2).

Arno het onlangs ’n video met sy 52 600 Instagram-volgelinge gedeel waarin Milan ’n rugbybal skop.

“Jy gaan nog ’n paar balle oor die muur gaan haal my tjom!! Well done, Milan, my tjopper,” het Morné Steyn laat hoor.

“Mos Morné Steyn se peetkind!! Well done, seun,” sê een van sy volgelinge. 

“Volgende Blou Bul-losskakel,” het nog een laat hoor.

“Ek en Lizanie is Jóvan en Christean se peetouers, en Morné en Christelle Milan en Luka s’n,” vertel Arno.

View this post on Instagram

Party time in the mountain!!#FolieDouce #FunTimes

A post shared by Morné (@mornesteyn) on

“Anders as sy beste maatjie, Jóvan, het Milan altyd van sokker gehou tot so vier weke of vyf gelede toe hy met bulletjierugby by die skool begin het, en die mannetjie het talent.”

Jóvan Steyn in aksie.
Jóvan Steyn in aksie. Foto: Verskaf

“Christean en Luka is nog te jonk vir bulletjierugby, maar is net so mal oor rugby,” voeg hy by.

“Ek het intussen vir hom rugbypale gemaak, en hy is deesdae elke middag in die tuin. 

“Hy kyk ook net YouTube-video's van rugbywedstryde waar dit nie voorheen die geval was nie. Hy het selfs die foto’s wat my ma gekoop het by sy eerste bulletjierugbywedstryd bo sy bed geplak,” voeg die sanger by. 

En aard hy na sy pa of rugbyspeler-peetpa?

“Ek het ook provinsiale rugby gespeel voor my sangloopbaan afgeskop het, so ek sou sê na my,” lag Arno.