Vanjaar gaan hy, vroulief, Lizanie en hul seuns, Milan (5) en Luca (2), vir ’n verandering die dag saam met familie by Hartebeespoordam in die Noordwes deurbring.

“Dis ’n voorreg om Jesus se verjaarsdag saam met almal wat jy liefhet, te vier,” sê hy.

Arno Jordaan
Arno, sy vrou, Lizanie, Luca en hul eersteling, Milan, op ’n vorige Kersdag. Foto: Verskaf.

“Ons sal kerk toe gaan, Kersliedere sing, Bybel lees, lekker eet, geskenke uitdeel en boot ry.”

Arno lag toe ons hom na sy gunsteling herinnering aan die Kerstyd vra.

Arno Jordaan
Die egpaar tydens ’n Kersviering in St. Francisbaai. Foto: Verskaf.

“Toe ek agt was, wou ek so graag rolskaatse gehad het. Oom Bles Bridges het dit vir my weggesteek en gemaak asof ek daardie Kersfees geen geskenke gaan kry nie,” vertel hy oor die ontslape sanger, ‘n vriend van sy pa, Paul, ‘n bekende musiekpromotor.

Arno Jordaan
Arno Jordaan en Luca op sy jongste se eerste Kersdag in 2016. Foto: Verskaf.

“Ek is eers ’n hele ruk later die dag met rolskaatse verras. Ek was so opgewonde en onthou dit soos gister.”