Die Jobs-ster het glo vir sy voormalige stiefdogter Rumer Willis alleeneienaarskap gegee van die huis in Hollywood Hills wat hulle saam gekoop het terwyl hy met haar ma, Demi Moore (55) ge­troud was.

Volgens hofdokumente het Ashton (40) en Rumer (30) die huis in 2009 vir meer as R13,7 miljoen gekoop.

Nege jaar later het die aktrise en sangeres dokumente ingedien waarvolgens die huis nou net aan haar behoort. Die dokumente dui nie aan of sy Ashton vir sy aan­deel in die eiendom betaal het nie.

Sy huidige vrou, Mila Kunis (35), by wie hy ’n dogter, Wyatt (3), en seun, Dimitri (1), het, het onlangs haar hart oopgemaak oor die gelukkige gesinslewe wat hy saam met Demi en haar drie dogters, Rumer, Scout (27) en Tallulah Belle (24), gehad het.

“Hulle het drie kinders gehad wat hulle grootgemaak het. Dit was ’n normale lewe,” het sy van Ashton en Demi se verhouding gesê.

“Ja, hy was jonger, maar hy was lief vir daardie kinders.”

View this post on Instagram

Night out with the wife

A post shared by Ashton Kutcher (@aplusk) on