MOEILIKE SKOOLJARE

Nes Peter Parker was hy nie gewild op skool nie. 

‘Ek was nie ’n cool kind op skool nie. Daar was tye dat ek geboelie is oor ek dans. Maar jy kon my nie hard genoeg slaan om my te keer om dit doen nie.’

SPIDEY

Tom (22) het in 2016 sy debuut as Peter Parker en sy alter ego, Spider-Man, gemaak in Captain America: Civil War.

View this post on Instagram

Chillin all weekend finally ??

A post shared by ?? (@tomholland2013) on

Hy maak vanjaar nog twee keer ’n draai op die silwerdoek as dié superheld – nou in Avengers: Endgame en in Julie in Spider-Man: Far from Home.

BABBELKOUS

Tom is nie toegelaat om die Endgame-draaiboek onder oë te kry nie omdat hy al in die verlede storielyne verklap het voor die flieks uitgereik is!  

BESTIE 

Hy is dik pelle met Zendaya (22), wat in Spider-Man: Homecoming te sien was.

Daar is selfs gerugte dat die twee dalk meer as net vriende is.

View this post on Instagram

THATS A WRAP #farfromhome

A post shared by ?? (@tomholland2013) on

VLUGTIGE VOETE 

Tom, die oudste van vier seuns, het as kind ballet- en hip-hop-klasse geneem en in 2008 sy debuut op West End gemaak in die musiekblyspel Billy Elliot the Musical as die danser Billy se beste pel, ­Michael. Hy’t maande later die ­titelrol gekry.

HONDEKIND 

Tom deel gereeld op Instagram kiekies van hom en sy geliefde hond, Tess.

View this post on Instagram

Kisses from my girl

A post shared by ?? (@tomholland2013) on

Hy bel haar oor FaceTime wanneer hulle nie saam is nie en sleep haar selfs saam na onderhoude. 

BRONNE: FACTINATE.COM, PEOPLE.COM, GAMESRADAR, HERCAMPUS.COM