In ’n Instagram-pleidooi deur Jessica Rabe word boelies versoek om hul menings vir hulself te hou sodat haar dogter Lexi Rabe vry kan grootword.

“Sy's ’n gewone kind. Ons moet haar soms aanpraat en straf, maar ons doen dit nie in die openbaar nie.”

Jessica sê dat hulle wel soms knorrig kan oorkom wanneer hulle van plek na plek moet haas, en dat hulle, nes enige ander gesin, ook spanning ervaar.

“Ons sê byna altyd ja wanneer ’n handtekening gevra word. As ons ’n slegte dag het, kan ons dalk ’n bietjie moeilik wees. Ons is nie perfek nie!

“Ons stel baie grense aan ons kinders asook die vryheid om droog te maak en uit hul foute te leer. Hulle sou nie op fliekstelle toegelaat word as hulle nie hulself gedra nie,” gaan Jessica voort. Sy skryf ook dat ongehoorsame kinders boonop nie maklik aangestel word om in flieks te speel nie.

View this post on Instagram

I hate that we even have to post this. But yet again Lexi’s getting bullied. And this kind of thing makes it celebrities never want to leave the house never want to meet people. Please keep your opinions to yourself so Lexi can grow up in the free world. She’s a normal human being and she’s a child. We give her a talking and we give her timeouts but we don’t do that in public. Sometimes were rushing from place to place stressed like everyone else to get to set on time or work or whatever and we seem a little grumpy. I’m sorry if you see us this way but that’s life! If you ask us for an autograph we always almost say yes. If we happen to be having a bad day that might put us right on the right! We are not perfect! These perfect children are not being given the freedoms and the rights that they should. If your child is so scared to be themselves in public and mess up a little then you’re over parenting. We give our children plenty of rules and boundaries But then give them the freedoms to mess up and learn from their own mistakes. They would not be on set an on movies if they weren’t well behaved. Trust me they have no desire to hire kids like that! And there were plenty of children that productions can work with. So if you see us in public and think you have the right to judge. Wait. Number one until you have children of your own, and Number two realize that we’re not perfect and we’re not claiming to be! But just try to realize the different strokes for different folks what you do with your kids may work for you and what I do with my kids works well for me. My children love me and respect me even if they act out sometimes. Thank you! Jessica!

A post shared by Lexi Rabe (@lexi_rabe) on

Jessica vra dat mense hulle nie moet oordeel nie, minstens nie voor hulle nie hul eie kinders het nie, en dat mense moet besef die gesin is nie perfek nie, en ook nooit voorgee dat hulle is nie.

Klein Lexi, wat ’n volle 1,1 m in haar sokkies staan, smeek in haar bekoorlike lispel in die video by die Instagram-plasing dat mense asseblief nie haar familie óf haar moet boelie nie.

“Ek maak soms droog. My ma en pa gee my ook time out, glo my. As ek iewers heen gaan en ’n bietjie simpel optree of droogmaak . . . ek is net sewe jaar oud.”

Die aard van die geboelie word nie duidelik uitgestippel nie.

Lexi se bewonderaars staan bankvas agter haar. Party vra haar fliekpa, Robert Downey jr., om die boelies aan te spreek.

@street_inside91 sê daar is mense wat soms aaklig is, maar dat Lexi haar nie aan hulle moet steur nie. “Baie mense is lief vir jou. Wees altyd jouself!”

@adam_blkake_12 wil weet wie die boelies is. “Alles het ’n perk, en hulle het dit oorskry. Lief vir jou, Lex. Staan sterk, ons is hier vir jou vir altyd.”

Nog ’n aanhanger @kartikeyy._ smeek Lexi se Avenger-medesterre Robert, Tom Holland, Gwyneth Paltrow en Chris Hemsworth om Lexi te help.

“Sy’s regtig in die moeilikheid, sy is so klein en sy word geboelie . . . ek vra julle om hulle [die gesin] te help.”

In nog ’n Instagram-plasing word Lexi se aanhangers vir hul ondersteuning bedank en versoek om enige boelies se rekeninge aan Instagram te rapporteer. Die versoek sluit af met: “It takes a village!

By dié plasing skryf @charlottesophiebrooke hoe jammer dit is dat Lexi geboelie word.

“Ek is deur my kinderjare geboelie en dis ’n aaklige ding om deur te maak. Maar jy moet weet dit sal beter raak, en jy’s reeds besig om die boeliespeletjie te klop. Moenie stilbly nie. Jy takel reeds boelies deur daaroor te praat en jy inspireer duisende.”

@mountaineeringlife is ook geboelie.

“Dit walg my om te hoor dat grootmense dink dis oukei om ’n sewejarige te boelie en te veroordeel. Ek sal nooit die idiote vergewe wat my op hoërskool geboelie het nie. Maar volwassenes wat kinders boelie, is selfs patetieser.”

Wat moet jy doen as jy aanlyn geboelie word?

Deesdae is dit nie ongewoon om via jou slimfoon geboelie te word nie. Met al die apps en sosialemediaplatforms wat deesdae beskikbaar is, is dit vir kuberboelies soos ’n groot uitgebreide jagveld wat wag om betree te word.

Onthou, dis nie jou skuld dat jy geboelie word nie. En weerwraak is nie die antwoord nie.

  • Konfronteer jou boelies. Hulle mag dalk verstom staan omdat jy dit “waag” om te reageer. Maar moenie tot op die boelies se vlak daal met taalgebruik en beledigings nie. Wees die beter mens.
  • Boelies kruip maklik agter hul rekenaar- of selfoonskerms weg. As jy weet wie hulle is, moet jy hulle blootstel sodat mense hul boeliery sien. Dit kan ook ander moontlike slagoffers teen die boelies waarsku.
  • Vrees is een van die boelies se sterkste wapens. Moenie ’n slagoffer van vrees word nie. Jy het niks om oor skaam te kry nie, selfs nie wanneer jy die slagoffer van ’n aanlyn boelie is nie. Praat daaroor en jy sal sterker aan die anderkant uitkom.
  • Neem skermgrepe van die boelies se dade as bewyse. Dit maak dit makliker om iemand te wys waarmee jy gekonfronteer word.
  • Hoe meer jy die etiket verpes waarmee hulle jou treiter, hoe meer genot gaan boelies daaruit put om dit teen jou te gebruik. Lifehack stel voor jy reageer deur die etiket “aan te neem” en aan die boelies te sê ongeag die feit dat hulle jou ’n xxxx noem, gaan niks aan jou verander nie. Maak dit duidelik dit gaan nie die boelie ’n beter mens of die slagoffer ’n slegter een maak nie.
  • Rapporteer die boelies aanlyn by die platform wat deur hulle misbruik word om jou te boelie en maak seker dat jou wagwoorde vir al jou apps en selfoon baie goed bewaar word. Dit verhoed ook dat iemand kan voorgee dat hy/sy jy is.
Boelies in die algemeen
  • Childline South Africa sê ook jy moet iemand daarvan vertel soos ’n familielid, onderwyser of ’n vriend.
  • Hou ook ingedagte: Dis teen die wet om aan iemand beledigende of dreigende boodskappe na jou selfoon of via e-pos te stuur.
  • Wees ekstra versigtig met wie jy jou selfoonnommer deel.
  • Is jy bewus van iemand anders wat geboelie word? Praat met ’n onderwyser of gesagsfiguur daaroor sonder dat die boelies besef jy is bewus van wat hulle aanvang.
  • Mense wat onder boelies deurloop, het vriende nodig. Jy kan een van daardie vriende wees.

Wat word van ouers verwag?

Ouers moet dankbaar wees wanneer kinders met hulle oor boelies praat.

Wees dus so kalm moontlik wanneer jy daarvan te hore kom. Nes boeliery, gaan kuberboeliery gewoonlik gepaard met ’n verlies van waardigheid of beheer.

Wanneer ouers met ander kinders moet praat om meer oor die boeliery te wete te kom, moet jou kind daarvan bewus wees. Gee ook terugvoer.

Moenie oorhaastig optree nie en dink mooi oor die pad vorentoe. Ken jou kind in elke stap wat jy oorweeg om te neem.

Slagoffers sê bloot die feit dat iemand na hul luister en hulle voel hulle word gehoor, is iets wat hulle die meeste gehelp het. Respek en ’n gewillige oor is reeds ’n stewige paar treë op pad na herstel vir jou kind.

Bronne: abcnews.go.com, childlinesa.org.za, lifehack.org, connectsafely.org