“Ons het op sewe weke uitgevind dat ek swanger was bloot omdat ek net nie myself was nie,”  vertel Semone.

“Swangerskap was die laaste ding waaraan ek gedink het, maar toe ek my siklus mis het ek besluit om ’n tuis swangerskapstoets te koop nadat ek ’n dokter geraadpleeg het.” 

courtnall skosan,rugbyspeler
Semone kan nie wag vir haar baba se koms nie. Foto: Kevin Mark Pass

“Ons is nog nie seker oor die geslag nie; hierdie baba is ’n bietjie skaam,” vertel Semone oor die kleinding wat in September sy of haar opwagting sal maak.

courtnall skosan,semone skosan,rugbyspeler
Klein CJ is reeds ’n geesdriftige rugbyliefhebber en aanhanger van sy pa. Foto: Instagram/@skosan14

Die paartjie het ook ’n eenjarige seuntjie, CJ, en weet hy gaan sommer ’n baie trotse ouboet wees. 

courtnall skosan,rugbyspeler,seuntjie
Klein CJ word in Augustus twee. Foto: Kevin Mark Pass

“Ons sien daarna uit dat klein CJ met sy nuwe boet of sus ’n band vorm en dat hulle saam grootword,” sê Semone.