Carmen het die blye tyding Woensdag met ‘n foto op Instagram aangekondig en sy lyk beeldskoon.

Die paartjie het in 2017 afgehaak en het op hul groot dag stralend gelyk; Carmen in 'n spierwit kanttrourok en Mark deftig in 'n swart pak. 

??my husband ??

A post shared by Carmen Boucher (@carmenlotter) on

Die gelukwensinge het ingestroom nadat Carmen die nuus met haar volgelinge op sosiale media gedeel het.

Op die foto by die aankondiging is die toekomstige ma in ‘n pragtige swart rok te sien waar sy haar babamagie vashou. “So opgewonde oor die kleintjie!” het sy by die kiekie geskryf. 

‘n Betroubare bron na aan die paartjie het die nuus ook aan Huisgenoot bevestig. “Die paartjie wil graag die swangerskap privaat hou, maar ek kan wel bevestig dat Carmen 25 weke swanger is met hul eersteling,” het die bron gesê.

Mark, die voormalige Proteas-paaltjiewagter, is volgens Sport24 in 2016 as die afrigter van die Multiply Titans aangewys.

Hy het in sy loopbaan sowat 147 toetse vir die Proteas gespeel, maar sy loopbaan vir die nasionale krieketspan is kortgeknip toe hy in 2012 ‘n oogbesering opgedoen het, berig Sport24

Die gelukige paartjie is gereeld in die sosiale media te sien en lyk of hulle die getroude lewe baie geniet.

Take me back. Holidays are just too good!! #greattimes @markb46

A post shared by Carmen Boucher (@carmenlotter) on

In ‘n foto wat Carmen onlangs van haar en haar man op Instagram gedeel het, span die paartjie al te lekker by die see uit.

“Lief jou. Dankie vir die avonture die afgelope paar maande. As dit net altyd vakansie kan wees!” het sy by die foto geskryf.

Baie geluk, julle twee!

Ekstra bron: Sport24