Die paartjie, wat byna drie jaar getroud is, het op Instagram aangekondig Layla is swanger met hul tweede kind. In die foto's wat hulle met hul volgelinge gedeel het straal hulle behoorlik van opgewondenheid.

View this post on Instagram

Ice, ice, BABY!!! What happens in Berlin surely doesn't stay in Berlin ??

A post shared by Layla Kolbe (@layla_kolbe) on

Cheslin en Layla woon tans in Toulouse in Frankryk. Cheslin draf daar uit vir die Franse rugbyklub Toulouse.

View this post on Instagram

First day back at home ???

A post shared by Cheslin Kolbe (@cheslin15) on

Hulle het in 2017 hul eersteling, Kylah, verwelkom. Hul aanhangers hou nou asem op om te sien of klein Kylah ’n boetie of kleinsus gaan kry. 

Cheslin het op Instagram 'n foto van hom, Layla en Kylah met sy 338 000 volgelinge gedeel. Op die foto staan Layla met 'n ballon waarop die woorde "little sister or little brother?" pryk.

View this post on Instagram

@djkhaled voice: " Another one" ??

A post shared by Cheslin Kolbe (@cheslin15) on

Talle sportsterre en bekendes het geborrel van opwinding oor die babanuus. "Geluk familie. Lief vir julle albei," het hul goeie vriend, die Bok-kaptein Siya Kolisi, laat hoor.

Gelukwensinge het ook van onder meer Cheslin se spanmaat Jesse Kriel en die Olimpiese swemheld Chad le Clos ingestroom.  

In Februarie vanjaar het Cheslin en Layla die tonge laat klap nadat Layla ’n pragtige foto van hulle gedeel het waar Cheslin haar maag vashou. Daar is toe vermoed dat sy swanger is, maar die paartjie het eers gewag om die nuus aan te kondig. Layla het op haar Instagram Stories nou die foto gedeel en daarby geskryf: "Onthul julle dit?".

Cheslin het kort na hul eersteling se geboorte vertel hoe trots hy is om 'n pa te wees. "Dis ’n gevoel wat jy nie kan beskryf tot jy dit self ervaar nie. Ek het ’n pragtige babadogter en ons is so geseënd,” het Cheslin in ’n vorige onderhoud laat hoor. 

Die beeldskone Layla het in Julie verlede jaar op Instagram oopgemaak oor haar stryd met swangerskap. Sy het toe onthul sy was 'n derde keer swanger, maar het nog 'n miskraam beleef. 

In die inskrywing, wat Layla vanuit haar hospitaalbed geskryf het, het sy haar man, Cheslin, bedank wat altyd aan haar sy is en vertel hoe lief sy haar dogter het. "Ek is so dankbaar vir ons mees waardevolle geskenk, Kylah. Ek het nooit gedink dat ek haar meer lief kan hê as ek nou nie, maar ek doen. Nou meer as ooit,” het Layla roerend op Instagram gedeel. 

Die paartjie deel gereeld die oulikste kiekies van hul eersteling in die sosiale media. Klein Kylah is uitgeknip haar pa en is duidelik sy oogappel. Selfs Layla het al onthul Cheslin is dol daaroor as mense sê hul prinsessie lyk soos hy.

Baie geluk julle!