Die paartjie het in Maart vanjaar in ’n sprokiesmooi troue op Stellenbosch afgehaak. Mandy het onlangs in die sosiale media bekendgemaak sy verwag. 

Op die foto wat die stralende Mandy (33) van haar en haar man op Instagram gedeel het, hou sy haar babamagie vas. "’n Bederf voor sy verjaardag vir die verjaardagman wat pappa word," het sy geskryf by die kiekie van hulle saam, wat net ’n dag voor Vernon se 33ste verjaardag gedeel is. Sy het by navraag aan Huisgenoot bevestig dat sy swanger is, maar wou geen verdere kommentaar lewer nie.

Pre-Birthday spoils for the birthday boy and daddy-to-be ??♥???

A post shared by Mandy Hudson Philander (@mandyphilander_) on

Een ding is seker: Vernon en sy vrou straal van geluk. Die laaste kiekie wat hy van hulle saam gedeel het, was met sy verjaardagviering saam met Mandy. Hulle het toe ’n romantiese aandete in ’n restaurant op Franschhoek geniet.

By die kiekie het hy sy vrou vir die lieflike aand bedank en geskryf: "Lief vir jou Franschhoek toe en terug."

Die paartjie het mekaar sowat 12 jaar gelede ontmoet, en was sowat twee jaar lank verloof voor hulle getrou het.

My handsome hubs ♥? #csaawards2018

A post shared by Mandy Hudson Philander (@mandyphilander_) on

Vernon het in ’n vorige onderhoud met Huisgenoot vertel dat die liefde tussen hulle altyd daar was. Mandy het tydens dié onderhoud gesê: "Ek het met my beste maat getrou."

Mandy het ’n sewejarige seun uit ’n vorige verhouding. Sy het nog nie in die sosiale media verklap hoe ver sy swanger is en of sy en Vernon ’n seuntjie of dogtertjie verwag nie.  

Let the journey begin....#Mr&Mrs #Philander #ferrariGTC

A post shared by Vernon Philander (@vernon_philander) on

Baie geluk, Vernon en Mandy!