Aisha Baker tydens haar babatee. Foto: Shezan Phot
Aisha Baker tydens haar babatee. Foto: Shezan Photography

Die glanspaartjie is reeds die ouers van hul driejarige seuntjie, Khalid. 

Al gaan dit dol in die Parnell-huishouding namate hulle vir die nuwe pienkvoet voorberei, het Aisha verlede naweek tyd ingeruim vir ’n fraai babatee by hul huis in Kaapstad.

“Ons het ons motorhuis pienk geverf en die tuin in ’n pienk-ervaring omskep, van die kos tot die dekor,” vertel Aisha aan Huisgenoot.

Weens die covid-19-pandemie en inperking kon Aisha nie verlede jaar haar 30ste verjaardag behoorlik vier nie en het sy daarom besluit om dié mylpaal en die kleinding wat kom sommer saam op grootskaal te vier.

Die paartjie het hul motorhuis pienk geverf vir di
Die paartjie het hul motorhuis pienk geverf vir die partytjie. Foto: Shezan Photography

Sy is ’n groot aanhanger van hip-hop uit die 1990’s, en die hele tema het om die ontslape rapper Biggie Smalls (ook bekend as die Notorious B.I.G) gedraai. 

“En die tema is ook ’n lekker woordspeling. Want ek is so klein en nou dra ek hierdie groot bababoep,” vertel Aisha. 

Die kos en dekor het als by die pienk tema gepas.
Die kos en dekor het als by die pienk tema gepas. Foto: Shezan Photography
Die kos en dekor het als by die pienk tema gepas.
Die kos en dekor het als by die pienk tema gepas. Foto: Shezan Photography
Die kos en dekor het als by die pienk tema gepas.
Die kos en dekor het als by die pienk tema gepas. Foto: Shezan Photography

Dit was vir haar wonderlik om op die spesiale dag saam met haar vriende en familie te kon feesvier.

“Ek vier nie gewoonlik myself of sulke mylpale nie, maar ons het so baie verloor tydens die pandemie en ek wou feesvier en lag. En ook my familie en vriende meer geniet. 

“Ek het elke oomblik van die tyd saam en die saam eet geniet,” laat sy hoor. 

Die kos en dekor het als by die pienk tema gepas.
Die kos en dekor het als by die pienk tema gepas. Foto: Shezan Photography
Aisha het ook haar 30ste verjaarsdag gevier waarop
Aisha het ook haar 30ste verjaarsdag gevier waarop sy uitgemis het weens die pandemie. Foto: Shezan Photography

Aisha en Wayne het boonop onlangs hul vyfde huweliksherdenking gevier.

En al is Aisha maar ’n bietjie moeg en ongemaklik in die negende maand van haar swangerskap, is als reg vir die jong juffrou se koms. Dis oor ouboet Khalid wat Aisha eintlik effens bekommerd is. 

“Ek is ’n bietjie bekommerd oor hoe hy gaan reageer op die nuwe toevoeging. So ek probeer geestelik gereed maak vir enige uitdagings wat kan opduik,” vertel sy. 

Aisha by haar seuntjie, Khalid. Foto: Shezan Photo
Aisha by haar seuntjie, Khalid. Foto: Shezan Photography

En die baba se naam is ook al gekies, maar Wayne en Aisha wag tot sy gebore is om te sien of dit by haar pas. 

“Ons het eintlik al voor ons swanger geraak het name gehad en daar is een wat vir ons uitstaan. Maar ons wag tot sy hier is,” laat Aisha hoor. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe