Marc Buckner (37) en die blonde spraakterapeut Marisia van Wyk (25), by wie hy verlede jaar aan die tweede seisoen van M-Net se werklikheidsreeks The Bachelor SA liefde gevind het, is albei stukkend nadat hul twee dierekinders die naweek dood is.

’n Gebroke Marc en Marisia het Dinsdag aan Huisgenoot gesê hulle voel nog nie gereed om daaroor te praat nie.

Marc Buckner, tragies, doodgery, hond, Luna
Marc Buckner by sy geliefde hond Luna. Foto: Instagram

“Ek voel ek moet die tragedie eers op my eie verwerk voor ek daaroor kan praat,” het Marisia aan Huisgenoot gesê.

Marc, wat baie emosioneel oor die foon geklink het, het nie kans gesien om sonder Marisia daaroor te praat nie.

Marisia van Wyk en wyle Siobhan. Foto: Verskaf
Marisia van Wyk en wyle Siobhan. Foto: Verskaf

Hy het in die sosiale media sy volgelinge vir hul ondersteuning en boodskappe bedank en gesê: “Ek wens eerlikwaar hierdie gevoel niemand toe nie. Koester jou geliefdes dat hulle nooit kan sê jy het nie liefgehad of genoeg tyd saam deurgebring nie.” 

M-Net het die voorval Dinsdag op hul Facebookblad bevestig: “Ons innige medelye aan Marc Buckner met die verpletterende verlies van Luna en Siobhan. Ons sal altyd die oomblikke koester wat ons saam met Luna kon deurbring en al die foto’s en stories wat jy van albei gedeel het.”

Our deepest condolences to Marc Buckner on the devastating loss of Luna and Siobhan ?? We'll always cherish the moments we got to spend with Luna and all the pictures and stories you shared of both dogs ??

Posted by M-Net on Monday, 11 January 2021

Huisgenoot het verneem die voorval het Sondag in Seepunt gebeur. 'n Ooggetuie het Sondag op 'n gemeenskapsgroep sy woede en hartseer op Facebook uitgespreek nadat 'n motoris, wat na bewering te vinnig gery het, glo die twee honde by die Seepunt-promenade getref het. Hy vertel hy het die paartjie vergeefs probeer help deur hulle in sy motor by 'n veearts te kry, maar die veearts was toe. Die honde het eindelik aan hul beserings beswyk.

’n Vrou, vermoedelik nog ’n inwoner van Seepunt, het later ’n gesamentlike foto van Marc, Marisia en die honde op die groep geplaas, en daarby geskryf: “Ek voel regtig sleg vir hulle om albei honde te verloor. Omgery in Seepunt.”

Marc Buckner en Luna. Foto: Instagram
Marc Buckner en Luna. Foto: Instagram

Die inwoners was ontstoke omdat mense gereeld hier saam met hul diere en selfs hul kinders oefen.

Die paartjie woon saam in Seepunt. Sowel hy as Marisia, wat baie aktief is, het gereeld saam met die honde in Seepunt geoefen.

Marc het in September 2018 die eerste foto van sy hond Luna op haar eie blad op Instagram geplaas.

“Luna se eerste uitstappie na Bakoven-strand. Uit saam met pa,” lui die inskrywing.

Luna (links) en Siobhan Foto: Instagram
Luna (links) en Siobhan Foto: Instagram

Hy het van daar tientalle foto’s van “sy prinses” en hul avonture gedeel – hy en Luna, wat eindelose stappies langs die strand meemaak, staptogte teen koppies, lang middagslapies en al haar streke.

In Julie 2020 het hy ook foto’s van Siobhan begin deel.

Die paartjie het juis met hul laaste onderhoud met Huisgenoot saam vertel hulle oorweeg dit om hul verblyfreëlings permanent te maak en dalk selfs ’n hond te kry.

Dit sou blyk die twee brakke was onafskeidbaar.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe