Gerhard Pretorius (34), ’n verslaggewer by dié nuusdiens, moes onlangs ’n operasie aan sy regterarm en linkerhand ondergaan ná hy ’n bakteriële infeksie genaamd staphyloccus aureus opgedoen het.

Hy het aanvanklik gedink ’n spinnekop het hom gebyt toe daar skielik ’n knop op sy arm te voorskyn kom.

Die dokter was egter oortuig dit is iets anders en het vir hom antibiotika voorgeskryf. 

gerhard pretorius,operasie
Hy het ’n bakteri?le infeksie genaamd Staphyloccus aureus opgedoen het. Foto: Facebook/@gerhardmotpretorius

Toe die knop op sy arm al groter raak het Gerhard geweet daar is groot fout en het vir die dokter gevra of hy nie eerder ’n spesialis moet gaan sien nie. 

“Ek het toe vir dr. Phillip Nel by Kloof-hospitaal in Pretoria gaan sien en hy het sommer die volgende dag aan my geopereer. Omdat ek voor die operasie antibiotika gehad het kon die dokters nie ’n monster kweek nie, maar hy vermoed dit is die staphyloccus aureus bakterie,” vertel Gerhard. 

gerhard pretorius,operasie
Hy moes 'n operasie aan sy linkerhand ondergaan. Foto: Facebook/@gerhardmotpretorius

“Wat dit glo gevaarlik maak, is dat indien die bakterieë in jou bloedstroom beland val dit jou hartkleppe aan en begin aan hulle vreet. My suster het dieselfde infeksie gehad en was in die ICU daarvoor,” onthou hy.

Gerhard erken nou hy was aanvanklik ’n bietjie gestres voor die operasie, maar dit was toe nie so erg toe drie groot absesse op sy hand verwyder is by die Cure Day-hospitaal in Pretoria-Oos nie. 

gerhard pretorius,operasie
Foto: Facebook/@gerhardmorpretorius

“Ek was ná die narkose regop in die bed voor hulle my by die saal kon instoot waar ek moes aansterk. Ek is sommer dieselfde dag ontslaan,” sê hy. 

“Ek haat ’n hospitaal en wou net uit. Hospitale is vir siek mense en ek is net stout, nie siek nie,” skerts hy.

gerhard pretorius,operasie,hand
Daar is geen sprake van pyn na die operasie nie. Foto: Facebook/@gerhardmotpretorius

Volgens Gerhard is daar geen sprake van pyn nie. “My hand het soms deur die dag net ’n bietjie geklop, maar dis die ergste wat dit was,” sê hy. 

Hy is weer terug op sy pos as verslaggewer en sê: “Ek verkies dit so anders sou ek net ’n manier gekry het om moeilikheid aan te jaag.”