Sy het oor alles gepraat, van die huwelik tot haar beweerde romanse met die Russiese president, Wladimir Poetin.

Oor monogamie

“My tannie het altyd gesê: ‘Een man kan nie alles doen nie. Een vir seks, een vir gesels, een vir vermaak.’ ”

Daai nag in die Playboy-herehuis

“Ek het hulle teen die trap op gevolg en gedink: ‘Wat gaan hier aan?’ Sewe meisies, een op ’n slag by Hef.

Ek het by die punt van die bed gestaan en hulle dopgehou. Toe besef ek hulle hou my dop. Ek het gedink: ‘Dis nie ’n fliek nie. Ek moet loop.’ ”

Die Playboy-herehuis in Los Angeles. Foto: Gallo Images/Getty Images.

En Sly Stallone

“Hy het vir my ’n deeltiteleenheid en ’n Porsche aangebied om sy ‘no. 1-meisie’ te wees.

Ek het gevra: ‘Is daar dan ’n no. 2?’ Hy het geantwoord: ‘Natuurlik.’ Hy is baie snaaks.”

Sylvester Stallone in Sydney om sy nuwe fliek, Rocky Balboa, te bemark, 19 Februare 2018. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Haar towerkragte

“Ek het ’n kinderoppasser gehad wat my gemolesteer het toe ek tussen vier en agt jaar oud was. Ek het haar dood gewens; die volgende dag is sy in ’n motorongeluk
dood.

Ek het gedink ek het towerkragte.”

O, Wladimir!

“Vanselfsprekend was ons soms saam op dieselfde plek,” het Pam erken.

Toe die gehoor na hul asem snak, het sy gesê: “Dit voel onwerklik. Jok ek? Praat ek die waarheid?