John (40) en Nikki (34) het enkele weke voor hul troue eksklusief aan Us Weekly bekendgemaak hul paadjies gaan skei. Die paartjie was ses jaar saam. 

"Alhoewel hierdie besluit moeilik was, het ons steeds baie liefde en respek vir mekaar. Ons vra dat julle ons privaatheid gedurende hierdie tyd sal respekteer," het die paartjie aan Us Weekly gesê.

We love you all ??

A post shared by Nikki Bella (@thenikkibella) on

Hulle het nog in Januarie 2018 – nege maande nadat John voor die wêreld die ja-woord gevra het – ’n verlowingspartytjie gehou. 

"So ’n wonderlike, betekenisvolle en emosionele dag met die vrou van my drome en ons families. Ek is lief vir jou Nicole, jy het my laat besef hoe belangrik samesyn is," het hy getwiet.  

John is deesdae ook ’n Hollywood-ster. Hy hou ook sy lyf akteur en het al onder meer saam met Mark Wahlberg en Will Ferrell in die komedieprent van 2015 Daddy's Home verskyn. Hy het ook gereeld gesig gewys in Nikki en haar tweelingsuster, die rofstoeier Brie Bella, se werklikheidsreeks Total Bellas.

John het in April 2017 by die WWE WrestleMania 33 vir Nikki gevra om te trou. 

Hy het op sy knie afgegaan, ’n klein swart boksie uit sy sak gehaal. In die boksie het ’n ring met ’n knewel van ’n diamant geblink.

“Ek wag al so lank om vir jou te vra. Stephanie Nicole Garcia-Colace, sal jy met my trou?” het John gevra.

Sy liefie het nie een oomblik gehuiwer nie en dadelik ja gesê. Maar nou skei hul paadjies.

Die paartjie is in April 2018 vir die laaste keer saam gesien by die WWE WrestleMania 34. 

Bronne: Us Weekly, People, E! Online