Die pa van twee en sy vrou, die voormalige model en televisieaanbieder Chrissy Teigen (32), kan nie meer ingenome met hul babaseun wees nie. Hulle het ‘n foto van hul nuweling in die sosiale media gedeel en die trotse ma het die kleinding se naam laat val: Miles Theodore Stephens. 

“Hallo wêreld! Dit is Miles Theodore Stephens, ons verdrink in die kykies wat hy vir ons gee en die snoesige aanvleiery. Ons huishouding voel oorweldig met liefde. Dankie vir al jul goeie wense!” het Chrissy by die oulike foto van haar nuweling gedeel. 

John (39) was ook nie skaam om sy opgewondenheid oor hul babaseun se koms te deel nie het dieselfde foto op sy Instagram-blad gedeel. “Ons nuwe liefde, Miles Theodore Stephens,” het hy onderaan die oulike foto geskryf. 

Die All of me-sanger het selfs op Moedersdag ‘n pragtige boodskap aan sy vrou gedeel waarin hy vertel van sy opgewondenheid om sy babaseun te ontmoet.

Prepping for a new arrival!

A post shared by John Legend (@johnlegend) on

“’n Gelukkige Moedersdag aan my wonderlike vrou, Chrissy. Ek sien so baie van jou in Luna en ek is so lief daarvoor. Ek kan nie wag om ons klein seuntjie te ontmoet en te sien hoe baie liefde jy aan hom gaan gee en hoe jy dit ook sal ontvang nie. Ek is so gelukkig om op hierdie reis met jou te wees,” het die trotse pa en man aan sy vrou geskryf. 

Die paartjie het ook ‘n tweejarige dogter, Luna, wat lyk of sy sommer heelwat pret met haar bababoetie gaan hê. Haar ouers deel ook gereeld foto’s van haar op Instagram. 

“Dada’s singing!” #AGoodNight

A post shared by John Legend (@johnlegend) on

Sy is glad nie skaam vir die kamera nie en pronk met ‘n klein pienk harp op ‘n tweede foto wat Chrissy van haar en Miles gedeel het. Luna aard definitief na haar ouers en vermaak hulle gereeld deur op die harp te speel, haar pienk speelgoedmotor te geniet en self danspasies uit te voer.

very soothing. house sounds like a spa. 4 stars would recommend

A post shared by chrissy teigen (@chrissyteigen) on

so thai!! ????????????

A post shared by chrissy teigen (@chrissyteigen) on

Die paartjie se kleingoed is te dierbaar!