Die Protea-ster Vernon Philander en sy vrou Mandy het in 2018 hul eersteling verwelkom.

Die nuwe pa deel gereeld foto’s van hul seuntjie met sy 57 000 Instagram-volgelinge en sê aan Huisgenoot hy hoop sy seuntjie gaan eendag ’n superster word.

Die Proteas-krieketspeler wat in die komende toetsreeks teen Pakistan sal speel sê al het hulle nie Nuwejaarsplanne nie, is hy baie opgewonde oor klein Hayden se eerste Kersfees en Nuwejaar. 

Die televisieaanbieder Katlego Maboe en sy meisie, Monique Muller, gaan ook vanjaar hul eerste Nuwejaar saam met klein Phoenix vier.

View this post on Instagram

?????

A post shared by Katlego Maboe (@katlegomaboe) on

Katlego het voorheen aan Huisgenoot vertel dat hy baie opgewonde is om vir die eerste keer pa te word.

“Ons is oorstelp met liefde en dit is die kosbaarste geskenk wat ons kon kry,” vertel hy oor sy babaseuntjie.

Die voormalige Stormers-speler Dewaldt Duvenhage en sy vrou wat onlangs ’n draai vanaf Italië in hul tuisland gemaak het om hul seuntjie, Nixon te doop gaan vanjaar Nuwejaar in Italië vier.

View this post on Instagram

la mia famiglia @nickebellinganduvenage ??

A post shared by Dewaldt Duvenage (@dewaldtduvenage) on

Klein Nixon is op 10 Augustus gebore en in die NG Kerk Stellenberg in Stellenbosch gedoop waar sy rugbyspeler pa 30 jaar gelede gedoop is.

View this post on Instagram

♥?Nicke & Nixon ♥?

A post shared by Dewaldt Duvenage (@dewaldtduvenage) on

Die skrumskakel wat vroeg vanjaar nog vir die Stormers uitgehardloop het, het in April ’n kontrak met Bennetton in Treviso, ’n Italiaanse klubspan, gesluit.