Marco Spaumer

Foto: Instagram
Foto: Instagram

“Ek het besef ek kan heel goed sonder inkopies by winkelsentrums klaarkom,” vertel dié Suidooster-ster.

“Ek doen nou alles aanlyn! Al my inkopies en bestellings en wat ook al ek nodig het. Geen parkeerkaartjies of lang toue oor payday nie.”

Nataniël

Foto: Instagram
Foto: Instagram

“Ek het dit altyd vermoed, maar nou weet ek ek kan sonder baie aandag leef,” vertel die sanger.

“Die afsondering, die stilte, die vrede! Ondanks kommer was dit ’n genesende tyd. Ek het baie projekte begin en elke dag ure lank gewerk sonder die gewone steurings. Ek kan eindelik sê ek is ’n kunstenaar omdat ek van my kuns hou, nie omdat ek aandag wil hê nie.”

Christo Davids

Foto: Instagram
Foto: Instagram

“Ek het besef hoe báie ek eintlik nodig het,” vertel dié akteur en regisseur.

“Toe ek verbied word om vriende en familie, veral my ouers, te sien, het ek besef hoe nodig ’n mens ander vir jou eie sanity het. As ek dit kan help, sal ek nooit weer nee sê vir ’n braai nie.”

Lynelle Kenned

Foto: Instagram
Foto: Instagram

Sy kies nou versigtig wat sy in die sosiale media deel en lees.

“Ek vermy die negatiwiteit en paranoia aan die een kant en die denial van die werklikheid met privilege-inskrywings aan die ander kant,” sê die sangeres en TV-aanbieder.

“Ek gebruik my sosialemediarekeninge vir die bemarking van projekte en deel selde iets persoonliks. Ek behou kontak met my naastes deur WhatsApp en vang elke nou en dan op met die stand van sake deur ’n nuusberig. Dit hou my connected en gesond en beperk angstigheid terwyl ek ingelig bly.”

Francois van Coke

Foto: Instagram
Foto: Instagram

“Ek het besef ek het nie die branderplank nodig wat al ’n jaar in die motorhuis staan nie,” sê dié rocker.

PJ Powers

Foto: Instagram
Foto: Instagram

“Ek is nie regtig ’n verbruiker nie, maar die inperking het my laat besef ek hoef nie ’n cappuccino te hê nie,” sê die sangeres.

“Ek het net besef ek het baie minder nodig, en dit het my bewus gemaak van die kos wat ek koop, en die wete dat soveel in hierdie tyd honger ly. Dit het my oë oopgemaak.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe