Tracey Lange

Tracey, mede-aanbieder van die dansreeks Dancing with the Stars SA, het in 2012 alleen na Istanboel en Londen gereis.

“Vanaf Londen moes ek by Heathrow-lughawe uitkom en het ek besluit om net die gewone trein na die lughawe toe te vat.”

Tracey vertel verder dat sy nie eintlik die treinstasie en plekke regtig geken het nie en baie amper haar vlug verpas het.

Reynard Slabbert

Obligatory selfie.

A post shared by Reynard Slabbert (@reynardslabbert) on

“Om in Guatemala die plaaslike bus te vat, was vir my ’n dom besluit, want ek dink ek het ’n paar lewens verloor,” vertel dié Bravo-aanbieder.

Hy het tussen die bergpasse in een van die einste bussies gery en sal dit letterlik vir niemand aanraai nie.

“Daardie bestuurders jaag so vinnig by daardie bergpasse af dat die remskoene op die bussies gloei as hulle onder kom.”  

Lynelle Kenned

Dié Pasella-aanbieder het aanlyn aansoek gedoen vir ’n e-visum vir Kambodja, waarna sy in kennis gestel is dat hulle nie tans visums uitreik nie, weens onderhoud aan hul stelsel.

“Blykbaar sou dit betyds uitgereik word, of die korrespondensie sou voldoen as bewys.”

Toe hulle haar nie by die grens tussen Thailand en Kambodja wil deurlaat nie, het Lynelle op ’n wildvreemdeling se motorfiets gespring, opsoek na die naaste internet-kafee.

“Behalwe dat dit onnosel was om myself moontlik in gevaar te stel, moes ek toe weer ten duurste betaal vir ’n express visa,” vertel sy.

“En die e-visa? Sorry, no refunds.”

Armand Aucamp

Een ding wat jy dalk nie van dié gesoute reisiger verwag nie, is dat hy baie bang is vir vlieg.

Op pad in ’n klein vliegtuig met propellers  moes hulle deur ’n elektriese storm in 2009 vlieg. “Ek het ’n paniekaanval gehad en die vriendin saam met wie ek gevlieg het, het my probeer kalm hou,” vertel die akteur wat al gesig gewys het in TV-reekse soos Die Boekklub en Knapsekêrels.

“Ek het regtig uitge-freak en gedog ek gaan doodgaan.” Toe sy vriendin die heeltyd hom probeer kalm hou en aan hom vat, het hy opgespring en haar met sy elmboog in die gesig getref.

“Sy moes met ’n shiner vir die eerste paar dae daar rondloop,” vertel Armand met berou.

Wen tot R5 000 met Caltex
Het jy al vir ons Caltex-kompetisie ingeskryf? Dit kan die maklikste manier wees om geld vir die vakansie in die hande te kry! Staan ’n kans om elke week vir die volgende drie weke R5 000 te wen – of wen die groot prys van R10 000 in die laaste week van die kompetisie! Maak eenvoudig net seker jy gooi brandstof ter waarde van R300 of meer by Caltex in, hou jou strokie en skryf hier in. Die kompetisie is van 19 Maart tot 16 April 2018.