Talle mense het die afgelope tyd in die sosiale media hul oefensessies tuis gedeel. 

Die aktrise Leandie du Randt het op Instagram laat val dat sy tydens inperking die Australiese fiksheidsafrigter Kayla Itsines se oefenprogram gaan volg. Kayla is veral bekend vir haar hoë intensiteitsoefeninge en spog met 12,3 miljoen Instagram-volgelinge.

Die sangeres en voormalige Boer soek 'n vrou-aanbieder Leah doen ketelbaloefeninge.

View this post on Instagram

Lockdown Home Gym Day One! ????

A post shared by L E A H (@leahmusieksa) on

Die aktrise Anlia van Rensburg en haar kêrel, Nathan Barris, het sommer in hul tuin op hul balkon 'n hele oefenstasie ingerig.


Verskeie bekende ouers wys egter dat ’n gebrek aan gim-toerusting of bedrywige kleingoed nie ’n verskoning is om ’n oefensessie oor te slaan nie. Hul uitweg? Span sommer jou kleingoed by jou oefensessie in. 

Dis ’n dubbele wen – nie net kry jy kans om te sweet en styg jou vlakke van die goedvoelhormoon endorfien nie, maar jy hou jy ook jou spruite besig en raak hulle ontslae van oortollige energie. 

Die Getroud met Rugby-akteur Werner Coetser wys hoe dit gedoen kan word. 

“As jy nie gewigte gedurende die inperking het nie, maar wel kinders,” het hy op Instagram geskryf by ’n video waar hy maagoefeninge met hom en sy vrou, die aktrise Marijke Coetser, se agt maande oue dogterjie, Layla, as sy gewig doen.

In nog ’n video doen hy opstote met Juwan (9), Marijke se seun uit ’n vorige huwelik, op sy rug. 

Die Getroud met Rugby-akteur Werner Coetser wys ho
Die Getroud met Rugby-akteur Werner Coetser wys hoe jy jou jonspan by jou oefensessie kan insluit.

Die radio-omroeper en televisieaanbieder Robbie Kruse het sy en vroulief, Lynn, se eenjarige dogtertjie, Lara, by sy oefensessie betrek.  

Die skattige kleinding wil elke oefening wat haar pa doen naboots.

Sy spring op ’n oefenspringmat terwyl haar pa tou spring, sy gaan lê langs hom wanneer hy sy maagspiere op die mat oefen en wanneer Robbie met ’n oefenwiel oefen wil sy ook ’n beurt hê.

“Ek dink ons kan almal erken dat dit nie op die oomblik die maklikste ding is om fiks te bly nie, maar ek en my Ninja (sy troetelnaam vir Lara) gaan nie met ons fiksheidroetine stop net omdat ons in die huis bly nie. Ons maak die meeste daarvan,” het hy geskryf en grepe van hul oefensessie in die gesin se motorhuis gedeel. 

Die oud-Springbok Victor Martfield en sy drie dogters, Jaime (13), Giselle (10) en Tasmin (6), het almal saam in die tuin geoefen terwyl ma, Monja, hul oefensessie op kamera vasgevang het. 

Victor se kroos volg duidelik in hul aktiewe ouers se voetspore.

Die paartjie se oudste dogter, Jaime, is verlede jaar as Suid-Afrikaanse kampioen in hoogspring in die o.13-ouderdomgroep gekroon en is ook ’n kranige netbalspeler.