Die Playboy Playmate Shauna Sexton ontken sy het enigiets daarmee te doen dat Ben weer behandeling nodig het.

Die 22-jarige, wat saam met die akteur tyd deurgebring het in die dae voor hy in ’n behandelingsentrum vir drankmisbruik opgeneem is, het teruggekap nadat ’n aanhanger haar op Instragram daarvan beskuldig het dat sy die Justice League-ster in rehabilitasie laat beland het.

When my friends ask me to go do something and I have $3.46 in my bank account

A post shared by shauna sexton (@shaunasexton_) on

“Nooit voor of saam met hom gedrink nie, vir die rekord,” sê Shauna in ’n reeks antwoorde in die kommentaarseksie van ’n foto waarop sy rooiwyn drink.

Bronne: People.com, ETCanada