Hollywood was Woensdag omtrent in rep en roer toe bekendes die strate ingevaar het met hul kreatiewe kostuums vir vanjaar se Halloween-vieringe. En selfs ons eie plaaslike sterre was ook deel van die pret.

1. Beyoncé

Foto's: Instagram/@beyonce

Dié 37-jarige sangdiva het hulde aan die Unbreak My Heart-sanger Toni Braxton gebring toe sy die omslag van Toni se enkelsnit van 1993 Another Sad Love Song nageboots het. 

Die ma van drie het omtrent aanhangers twee keer laat kyk met dié foto op Instagram en het daarby geskryf: “Ek stuur liefde en bewondering aan een van ons talentvolle legendes. Dankie vir die ontelbare liedjies. Jou toon, skoonheid, register en jou Godgegewe talent word gekoester. Vir ewig lief vir jou." 

2. John Legend en Chrissy Teigen 

Een van Hollywood se geliefste paartjies het vanjaar weer byna die koek gevat toe hulle soos koningin Elizabeth en haar man, prins Philip, uitgetof was. Die All Of Me-sanger (39) en sy modelvrou, Chrissy (32), wat vroeër vanjaar hul tweede kind, Miles, in die wêreld verwelkom het, het ewe gereed met hul kostuums voor die kamera gespog. Hulle het ook ’n tweejarige dogter, Luna.

View this post on Instagram

??????????????

A post shared by John Legend (@johnlegend) on

3. Chad le Clos

View this post on Instagram

We got a bit carried away...or not??? ??????‍??

A post shared by Chad Le Clos (@chadleclos92) on

Die plaaslike Olimpiese swemheld Chad le Clos (26) het ook vanjaar hande – of lippe – vuil gemaak vir Halloween. Chad en sy meisie, Jeanni Mulder, wat tans in Turkye is, het vanjaar soos die karakters Damon and Elena in die vampiertelevisiereeks The Vampire Diaries gelyk.

En al die bloed? Chad se model-liefie het op haar Instagram-blad verklap dis net beetsap!

4. Charlize Berg

Die plaaslike sangeres Charlize Berg het ook in die Halloween-pret gedeel.


5. Die Kardashian en Jenner-susters 

Die vyfstuks Kourtney, Khloé en Kim Kardashian en hul jonger susters Kylie en Kendall Jenner het die strate as Victoria's Secret Angels ingevaar. Volgens Kim (38) is een van haar drome bewaarheid om vir een aand ’n Victoria Secret-model te kon wees.

Haar kleinsus Kendall Jenner (22) kon haar waarskynlik ’n ding of twee leer. Sy is immers self ’n model wat al as ’n Victoria's Secret Angel op die loopplank verskyn het. “Kon ’n Victoria's Secret Angel wees vir ’n aand! En Kendall het goeie oefening ingekry!” het sy by ’n foto van hulle geskryf. 

Hul ousus, Kourtney (39), ’n ma van drie, en Khloé (34) en Kylie (21), wat albei vroeër vanjaar vir die eerste keer ma geword het, het ook in die pret gedeel.

6. Kylie Jenner 

Die jongste lid van die Kardashian-Jenner-kliek, wat in Februarie haar dogter, Stormi, in die wêreld verwelkom het, het haar duidelik gate uit geniet op Halloween. Die sakevrou en skoonheidsghoeroe het haar opgetof soos ’n Barbie-pop, kompleet in ’n lewensgroot boks. 

View this post on Instagram

Life in Plastic, It’s Fantastic.. ??

A post shared by Kylie (@kyliejenner) on

Die trotse ma het hulde aan haar nege maande oue baba, Stormi, se naam gebring en hulle was saam as wolke en donderweer aangetrek. Te oulik.

View this post on Instagram

Stormi Weather ????

A post shared by Kylie (@kyliejenner) on

7. Baba True Thompson

Nóg ’n Kardashian-kleinding wat omtrent oulik gelyk het was Khloé se eersteling, True Thompson. Die ses maande oue True se ma het omtrent pop gespeel.

True het talle uitrustings gedra. Op een kiekie pryk sy en haar ma selfs met tier-kostuums. Tog was dit True se glimlag wat die kollig op die kiekies gesteel het!

8. Kourtney Kardashian

Ariana, is dit jy? Die oudste Kardashian-suster was met haar lang, blonde poniestert, kort minirok en mikrofoon in die hande die sangeres Ariana Grande uitgeknip. 

View this post on Instagram

God is a woman

A post shared by Kourtney Kardashian (@kourtneykardash) on

Die ma van drie het vanjaar solo gegaan met haar kostuum nadat sy ’n paar dae voor Halloween laat hoor het haar kinders, Mason (8), Penelope (6) en Reign (3), wil nie meer as ’n groep vir Halloween aantrek nie. Hulle was verlede jaar soos die Power Rangers uitgetof. 

9. Ciara 

Die 33-jarige sangeres en danssensasie het omtrent been gewys toe sy en haar man, die Amerikaanse voetbalspeler Russel Wilson (29), en haar twee kinders,  Future (3) en Sienna (1), soos karakters uit die lokettrefferfliek Black Panther aangetrek het. Ciara was Lupita Nyong'o se karakter Nakia in die fliek.

Klein Sienna het te kostelik gelyk en het omtrent die kollig voor die kamera gesteel. 

View this post on Instagram

Wakanda #Family. #Halloween

A post shared by Ciara (@ciara) on

10. Ashley Graham

Victoria's Secret se eerste plusgrootte model, Ashley Graham, het Woendag haar 31ste verjaarsdag op Halloween gevier en haar inspirasie vir haar Halloween-kostuum was die sangeres en aktrise Jennifer Lopez.

Sy het selfs J.Lo se liedjie Love Don’t Cost A Thing gesing en dit het omtrent die kostuum lewe gegee! 

11. Joe Jonas 

Ons het omtrent twee keer gekyk toe ons die sanger Joe Jonas (29), wat voorheen lid van die sanggroep The Jonas Brothers was, en sy verloofde, die Game of Thrones-ster Sophie Turner (22), op Instagram gewaar as die karakters Morticia en Gomez Addams van 1991 se fantasieprent The Addams Family. Sophie was Morticia se ewebeeld in ’n swart rok wat afgerond is met bloedrooi lippe.

View this post on Instagram

Happy Halloween from Morticia & Gomez Addams

A post shared by J O E J O N A S (@joejonas) on


12. Heidi Klum

View this post on Instagram

????

A post shared by Heidi Klum (@heidiklum) on

Die Duitse model (45) wen elke jaar as dit by Halloween-kostuums kom. Vanjaar het die koningin van Halloween haar in die karakter Fiona van die animasiefliek Shrek omskep.

Haar grimering is so ongelooflik dat sy soos ’n lewende Fiona gelyk het!

Die ma van vier, wat verlede jaar vir Halloween omskep is in die koning van pop, Michael Jackson, se karakter in sy musiekvideo Thriller, bieg dat sy gaande daaroor is om in karakters omskep te word. Vir haar is dit die beste deel van die vakansiedag.