Johan se familie hoop dat hy reeds hierdie week ontslaan sal word uit die hospitaal waar hy die afgelope twee weke vir covid-19 behandel is.

Hul seun, Riaan van Rensburg, vertel niemand weet waar sy pa die virus opgedoen het nie, “want hulle het nie rêrig rondgerits nie”.

Riaan sê sy pa het met erge rugpyn geworstel en was veronderstel om ’n groot operasie te ondergaan. Tydens sy laaste skandering ter voorbereiding vir die operasie moes hy ook ’n covid-19-toets ondergaan. Die toets was toe positief. Rina het hom sowat ’n week lank tuis versorg, maar sy gesondheid het so agteruitgegaan dat hy in die waakeenheid van ’n hospitaal in Centurion opgeneem is.

Johan het vir Rina op Valentynsdag met ‘n roos ver
Johan het vir Rina op Valentynsdag met ‘n roos verras. Foto: Facebook

Sy is kort daarna ook positief getoets en is vir vyf dae gehospitaliseer. Johan is Saterdag na ’n gewone saal verskuif.

“My pa kan nie wag om ontslaan te word nie,” sê Riaan. “Hy is nou heel moeg vir die situasie en om heeldag in die bed te moet bly. Ons wag nou om te hoor wat die dokter gaan sê, maar ons dink hy sal gedurende die week nog ontslaan kan word. Dit gaan baie beter met my ma, maar sy sukkel nog met haar asemhaling.”

Johan maak musiek. Foto: Facebook
Johan maak musiek. Foto: Facebook

Riaan, wat in daardie tyd nie in kontak met sy ouers was nie, het ook sowat 10 dae gelede positief getoets. Hy het homself in sy musiekateljee by sy huis in Roodepoort geïsoleer.

“Ek het vir my ’n man-cave ingerig waar ek gebly het. Ek was baie moeg en tam, en het hoofsaaklik net geslaap. Maar ek is ook nou weer op die been.”

Sy vrou, Christina, asook hul twee laerskoolkinders het nie die virus opgedoen nie.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe