Terwyl Bey en Jay twee in Europa is met hul “On The Run II”-toer, kon Madonna (59) eenvoudig nie die versoeking weerstaan om ’n bietjie met Photoshop rond te speel nie. En Beyoncé en Jay-Z se nuwe video wat op 16 Junie vanjaar vrygestel is, het haar die perfekte geleentheid gebied.

Sy het verskeie foto’s van haarself in die plek van ou meesters se kunswerke gesit en nou lyk dit asof die paartjie met groot verwondering na haar staar.

Learning ..............lol. #art #equals #freedom ??

A post shared by Madonna (@madonna) on

Maar Bey en Jay-Z se bewonderaars het duidelik nie die snaaksigheid daarvan ingesien nie. Van hulle beskryf die Instagram-foto as rommel en dat Madonna net aandag soek.

A post shared by Beyoncé (@beyonce) on

Ander het hulself baie sterker uitgespreek en ook beweer die “Material Girl” het seker geld nodig.

“Gedog jy is . . . wel, dood” en “Bey en Jay besoek die begrafplaas” is van die venynige opmerkings wat woedende bewonderaars mee na vore gekom het.

So hier en daar is daar enkele stemme wat tot kalmte maan en die hele besigheid as ’n groot grap afmaak.

Beyoncé het immers ook in 2013 haar bewondering vir Madonna uitgespreek en gesê dat sy graag eendag in haar voetspore sou wou volg.

En natuurlik stel Twitter nie teleur nie. Whitney’s Nippians het op Twitter ’n soortgelyke foto gedeel, maar sy het Madonna se foto’s met dié van Whitney Houston vervang.