Haar familiegeskiedenis is ingewikkeld

Daily Mail het Beyoncé se stamboom tot in 1800 nagevors en vasgestel haar oor-oor-oorgrootmoeder, ’n slavin met die naam Rosalie Jean Louis, het uit ’n lewe van slawerny ontsnap deur met Joseph Lacey, ’n wit handelaar, te trou.

Die twee het ’n dogter, Célestine Josephine, gehad – na wie Beyoncé se ma, Célestine (Tina) Knowles (64), genoem is.

Love this !! Fans do cool things ????

A post shared by Tina Knowles (@mstinalawson) on

Die geboorte van haar tweeling was moeilik

“Ek het 99 kg geweeg die dag toe ek aan Rumi en Sir die lewe skenk. Ek was opgeswel van toksemie en moes langer as ’n maand bedrus kry. My gesondheid en my babas se gesondheid was in gevaar; daarom het ek ’n noodkeisersnee gehad,” vertel sy.

“Ons het baie weke lank in die hoësorgeenheid deurgebring. My man was ’n yster en ’n sterk steunpilaar vir my. Ek is trots om ’n getuie van sy krag en evolusie as ’n man, beste vriend en pa te kon wees. Ek wou toe net oorleef en het dit alles eers maande later begryp.”

Die geboorte van haar tweeling was glo mooilik vir die sangeres. Foto: Instagram

Beyoncé het bygevoeg sy voel deesdae ’n spesiale verbintenis met enige ouer wat ’n soortgelyke beproewing beleef het.

Toe dit onlangs aan die lig kom Anna Wintour, hoofredakteur van die Amerikaanse Vogue, het beheer oor die September-uitgawe van die tydskrif aan Beyoncé gegee, het haar magdom aanhangers skoon op hol geraak.

Sir Carter and Rumi 1 month today. ??????????????????????????

A post shared by Beyoncé (@beyonce) on

Die 36-jarige popster het toe vir Tyler Mitchell (23) as die eerste swart fotograaf gewerf wat ’n Vogue-voorblad skiet en lesers trakteer met ’n openhartige essay wat sy self geskryf het.

In die onthullende stuk praat sy oor alles: van die geboorte van haar tweeling en haar magie ná haar operasie tot haar ingewikkelde herkoms.

Blommekroon-koninginne

Ure nadat Beyoncé se voorblad verskyn het, het die internet die kunswerk met Rihanna se voorblad vir die September-uitgawe van die Britse Vogue begin vergelyk.

A post shared by Beyoncé (@beyonce) on


Oor die druk om babagewig af te skud

“Ná die geboorte van my eerste kind het ek geglo in die dinge wat die samelewing gesê het oor hoe my lyf moes lyk,” skryf sy.

Die sangeres en haar eersteling. Foto: HBO

“Ek het druk op myself geplaas om al die babagewig in drie maande te verloor en ’n klein toer geskeduleer om te sorg ek sou dit doen.

“Dit was gek. Ek het nog geborsvoed terwyl ek die Revel-vertonings in 2012 in Atlantic City gelewer het. Ná die tweeling het ek sake anders benader.”

Die ma van Blue Ivy (6) en die tweeling Rumi en Sir (1) sê sy is nie haastig om van haar mammiemagie ontslae te raak nie.

??????

A post shared by Beyoncé (@beyonce) on

“Wanneer ek reg is om ’n sespak te kry, sal ek my alie af werk. Maar tans voel ek en my boepie asof ons bestem is vir mekaar.”

Bronne: Vogue.com, DailyMail.co.uk