’n Paar dae ná haar verjaardag het die Crazy in Love-sangeres ’n paar hoogtepunte van die afgelope jaar op haar amptelike blog gedeel, berig E News.

“Op 36 het ek ’n nuwe ma van drie geword,” skryf Beyoncé. “Ek het die tweeling (Rumi Carter en Sir Carter) geborsvoed. Ek het my beloftes saam met my man van 10 jaar hernu.” 

“Ek het ná my swangerskap na die verhoog teruggekeer om by Coachella op te tree. 

“Toe reik ek en my man saam ’n album, Everything Is Love, uit. En ons toer saam met ons gesin die wêreld vol en is dol daaroor. 

“Vanjaar was vir my gedenkwaardig. Ek dank God vir almal in my lewe. Dankie vir al die positiwiteit en die mooi verjaardagwense.

“Ek sien daarna uit om uit my verlede te leer, in die hede te leef, en my aan die toekoms oor te gee. Ek is lief vir julle, Hive.”



Op Donderdag, 6 Augustus, het die Amerikaanse sangeres ook kiekies op Instagram gedeel van waar sy en haar man, Jay-Z, ’n wegbreek in Italië geniet.

Die verliefde egpaar, wat vroeër dié jaar hul 10de huweliksherdenking gevier het, het mekaar liefdevol omhels terwyl hulle in Sardinië in die son gebaai het, berig People

Bronne: Eonline, Popsugar, Elle, Beyonce