Pattie (43) en die 22-jarige model het onlangs saam vir ’n selfie poseer, en Justin Bieber se ma het in die onderskrif by die foto Hailey ’n “geskenk” genoem.

Hoewel internettrolle nie gedink het Justin en Hailey sal dit kansel toe maak ná hul verlowing in Julie 2018 nie, het die twee in September verlede jaar by ’n geheime seremonie afgehaak.

Bieber en Hailey
Foto: Instagram

Hailey het selfs haar naam op Instagram na Hailey Bieber verander.

Hailey se naam
Foto: Instagram

En hoe het sy reageer toe Justin sy verlowing aankondig? Patti het op Twitter gespring en “Liefde liefde liefde liefde” getwiet. 

Patti het op Hailey se verjaardag ’n pragtige boodskap op Twitter gedeel en die model selfs haar 'dogter' genoem.

Dit klink of Pattie – wat volgens talle aanhangers nie ingenome was met haar seun se romanse met Selena Gomez nie – baie gelukkig is om Hailey in die familie te hê.

Hailey en Patti
Foto: Instagram

Patti en Justin het al jare lank ’n baie hegte band en sy koer gereeld oor haar spruit op Instagram.

By pragtige foto van hulle kon sy nie uitgepraat raak oor hoe trots sy is op die man wat Justin geword het nie.

Patti en Justin
Foto: Instagram

“Nie een van ons is perfek nie en sal nooit wees nie,” skryf sy. Patti noem ook hoe trots sy op Justin se besluite is wat hy neem en meen ook hy's eintlik ’n grapjas. 

“Ek lief jou na die maan en terug," skryf Patti aan haar seun. 

Bronne: Daily Mail, Cosmopolitan, USWeekly