“Ek beskou daardie tyd as ’n goeie tyd, want Angie is steeds ’n vriendin en sy is ’n wonderlike mens,” het die 62-jarige Sling Blade-akteur onlangs in ’n onderhoud met die Hollywoodse buitelandse persvereniging gesê.

Billy Bob, wat sedert 2014 met die poppemeester Connie Angland (53) getroud is, het gesê sy en Angie se huwelik het nie uitgewerk nie, want hulle het “verskillende leefstyle gehad”.

Sy het graag gereis, maar hy was veel gelukkiger tuis. Hy het ook oor die “flessies bloed” gesels wat hulle destyds om die nek gedra het.

Billy Bob en Angelina het mekaar se bloed in flessies om hul nek gedra. Foto: Gallo Images/Getty Images

“Die hangertjies was ’n eenvoudige ding: ‘Haai, kom ons prik ons vinger met ’n speld en smeer ’n bietjie bloed daaraan, en dan wanneer ons van mekaar af weg is, sal ons die hangertjies dra,’ ” vertel hy.

“Maar teen die tyd dat dit in die pers uitgekom het, het dit geklink asof ons ’n emmer vol bloed om die nek dra.

Bronne: CNN.comDailyMail.co.ukUSMagazine.com