Maar nou woon Marisa Drummond, haar man, Christopher (’n handelshoof by ’n motorvervaardiger), en hul dogter, Annabel (7), eindelik in die Kaap.

Die sewejarige Annabel is nou in gr. 2. “Sy geniet
Die sewejarige Annabel is nou in gr. 2. “Sy geniet haar nuwe skool,” vertel Marisa. Foto: Instagram/@marisadrummond

“Ons het in Desember hier aangeland; ons is dus nog heeltemal nuut en ‘oe’ en ‘aa’ oor alles,” vertel die aktrise wat onder andere die rol van Alexa in Binnelanders en Sandy in Fluiters vertolk het.

“Ons verlustig onsself in die mooi, in die gesinstyd, in die mense.”

Marisa, wat ’n regisseur was van die kykNET-sepie Getroud met Rugby, het ook die regie behartig van drie films wat deel is van die kykNET-reeks Jou Sondagdrama: Bottervisse in die Jêm, Playboyz en Soek Jy ’n Lift.

Marisa sit in die regisseurstoel.
Marisa sit in die regisseurstoel. Foto: Instagram/@marisadrummond

“Dit was ’n ongelooflike lekker uitdaging. Die films is in ’n kort tyd verfilm, maar saam met ’n fantastiese span,” sê Marisa.

Die res van die jaar hou ook ’n paar nuwe projekte in waaroor sy nog nie meer kan verklap nie. “Ek is opgewonde oor wat nog voorlê.”