Dit is in die Kai Thai-oord by die Wieg van die Mensdom gehou wat behoort aan sy peetpa, Ron Hutchinson.

Dit was ook ’n viering van die lewe van Hykie se beste vriend, Ron, se seun, Ihan, wat 10 jaar gelede oorlede is.

Hykie (heel agter) by van sy gaste. Agter van links is die vervaardiger Cobus van den Berg, Ramey Short (dr. Quinton in Binnelanders), Jacques Westerberg, Pietie Beyers (Binnelanders se dr. Deon) en Adrian Steyn (Binnelanders se Ruben). Voor is Ramey se meisie, Loricia Bruwer, Hykie se vrou, Melissa, en An-Maré Roothman en Reynardt Hugo (dr. Tertius in Binnelanders), wat ’n paartjie is.

“Hy sou binnekort ook 40 geword het,” sê Hykie.

Onder die gaste was die akteurs Pascal Pienaar, Ramey Short en Pietie Beyers.

Vet pret in opgeblaasde soemo-stoeiersuitrustings en ’n soen vir vroulief Melissa.

“My suster, Magri­kie, het van die Kaap af gekom en my ma, Pauli Berg (van Pretoria), was ook daar.

"Almal het kostuums aangetrek, ons het gekuier, geswem, Thai-kos geniet en die aand om ’n groot vuur sit en braai.” 

Hykie se mentor, Wouter Snyman, ’n skrywer en uitvoerende hoof van ’n finan­siële groep, sy Binne­landers-medeakteur Reynardt Hugo (dr. Ter­tius Jonker) en ’n goeie vriend, Riaan Neveling, het toesprake gelewer.

Hykie en sy vriend Riaan Neveling baljaar in die swembad.

Hykie en sy vrou, Melissa, het ook hul huweliksherdenking gevier; hulle was die vorige dag vyf jaar getroud. Hulle wil oor twee jaar met ’n gesin begin.

“Ek is glad nie gepla dat ek 40 getref het nie,” sê Hykie, wie se outobiografie, Hykie Berg: My Storie van Hoop, verlede jaar ver­skyn het.

“Ek sê al my lewe lank dat ek 121 jaar oud gaan word. My beste jare kom nog.”