Foto: Facebook
Pascal Pienaar, wat die rol van Karli in die sepie “Binnelanders” vertolk het, se verlowing is ná twee maande verbreek.

Só sê Pascal Pienaar, wat mense se harte landwyd verower het toe sy nog die verpleegster Karli in die hospitaalsepie Binnelanders gespeel het. 

“Die verlowing was nie vir enige een van ons goed gewees nie,” sê Pascal aan Huisgenoot

“Ons het vasgehou aan die gedagte dat ons eendag gelukkig getroud gaan wees, maar ek was ongemaklik. Dinge het te vinnig gebeur en ek het iets probeer forseer.” 

Pascal wil nie haar eksverloofde se naam noem nie. 

Die aktrise Pascal Pienaar het al meer as 900 spek
Die aktrise Pascal Pienaar het al meer as 900 spekbome geplant.

Sy en die boer van Piketberg in die Wes-Kaap het mekaar einde 2019 ontmoet toe hy vir haar ’n boodskap op Instagram gestuur het, en die twee toe in Kaapstad op ’n afspraak gegaan het. 

Hulle het in Desember 2020 verloof geraak, maar ná twee maande het hul paadjies geskei. 

Pascal het nou eers die moed gehad om openhartig met Huisgenoot te praat. 

pascal pienaar,aktrise,como
Pascal maak vriende met ’n hond wat sy gereeld by die Como­meer raakloop. Foto: Verskaf

“Dit was bitter moeilik om die verlowing te verbreek. Ek was bitter lief vir hom gewees en hy het my alles gegee wat ’n vrou soek, maar iets was nie vir my reg nie. Ek is iemand wat baie lief is vir mense en ek sou nie op die plaas kon aanpas nie. Ek sou geïsoleerd gevoel het.” 

Pascal het ook die nuus op Instagram aangekondig en geskryf dat sy die verloofring aan hom terugbesorg het. 

“Dit was eenvoudig omdat ek nie vrede gehad het nie. Hy was net wonderlik, goed en liefdevol vir my. Hy het sy beste gedoen. 

“Ten spyte van soveel liefde het vrede en sekerheid nie gekom nie. Selfs nie ’n ring kon dit bring nie.” 

Pascal sê sy gaan nou daarop fokus om weer selfliefde te vind. 

“Ek fokus nou op myself. Ek gaan stap baie in die berge, loop met my honde en gaan swem elke dag in die see. Ek wil nou net fokus op genesing en om weer myself lief te hê.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe