Voor sy enige idee gehad het dat ons in Maart weens die COVID-19-pandemie in ’n landwye inperking moes gaan, sou sy graag iets intiem saam met haar naaste vriende en familie wou doen. 

“Ek het daaraan gedink om ’n plek op Dullstroom te AirBNB vir ’n naweek en dit ’n naweek lank te vier,” vertel die aktrise. 

View this post on Instagram

Dropping something lekker tomorrow. ?? #30x30

A post shared by Simone´ Pretorius (@simonenortmann) on

Sy het egter nou hierdie mylpaal saam met haar aanhangers van reg oor die land gevier.  

“Dit was eintlik so gepas. Ek vier vanjaar ook sewe jaar in die bedryf, en ek kan nou nie aan ’n beter manier dink om dit te vier as saam met ’n community van mense wat my ondersteun en my toelaat om te doen waarvoor ek lief is nie. In my twintigs was verjaardae altyd oor my. Ek het my dertigs ingegaan en teruggegee, en dit was ontsettend vervullend,” sê sy. 

Haar verjaardag was nes enige ander normale dag tydens inperking, behalwe vir ’n oorvloed boodskappe en gelukwensings. 

“My dag was wonderlik! Ek gaan my dertigs in met ’n oorweldigende gevoel van contentment, en die dag kon op enige manier uitgespeel het, dit sou perfek wees.”

View this post on Instagram

I’ll get stuck in a small room with you.

A post shared by Simone´ Pretorius (@simonenortmann) on

Volgens die aktrise het sy besef sy het soveel om voor dankbaar te wees. “My huwelik, die Here se goedheid, ’n dak oor ons koppe, om te kan droom, omring te word deur ongelooflike mense wat in ons glo en ons onvoorwaardelik liefhet. Dís wat ek gevier het,” sê sy.

Aanhangers kan beslis meer aanlyn praatjies van haar in die toekoms verwag. “Ons gaan vir eers die “30 lesse voor 30”-praatjie aanlyn beskikbaar stel. Die aanvraag is oorweldigend. Ons kyk ook daarna om dit in ’n latere stadium dalk in Engels aan te bied.”

Simoné en haar man van die afgelope jaar, Andries Pretorius (29), beplan ook ’n verhoudingsreeks waar hulle saam gaan gesels. 


Hier is van die lesse wat die aktrise voor 30 geleer het
  • DAAR IS NIKS FOUT MET SPANKS (beter bekend as kroekbroekies) NIE

Dit maak alles beter lyk en voel soos ’n drukkie vir jou baarmoeder. Dra dit met trots!

  • JOU GEWIG HET NIKS MET ENIGIEMAND TE DOEN BEHALWE JOUSELF NIE

Ek is al ge-fat-shame én ek is al ge-skinny-shame. As mense jou goed oor jou gewig toesnou, sê dit baie meer oor hulle as oor jou. Bless hulle in elk geval. 

  • NET OMDAT IEMAND IETS HET OF KRY WAT JY GRAAG WIL HÊ, BETEKEN DIT NIE DAAR IS MINDER VIR JOU NIE
Jaloesie spruit uit vergelyking. Maar niemand se lewe is perfek en bestaan nét uit promosie nie. Gun mense hul deurbrake. Eendag sal dit jou beurt wees en jy sal graag wil hê mense moet ook saam met jóú celebrate.
  • HOU OP VERSKONING VRA DAT JY ’N INTROVERT IS
Net omdat 70% van die wêreld ekstroverte is, beteken nie jy hoef te verander om aanvaar te word nie. Moenie jouself uitbrand omdat jy ’n people pleaser is nie. Hoe meer jy jou innerlike wêreld koester en nurture, hoe meer gaan die wêreld uit jou kry.