Kim (38), wat rolle in sepies soos 7de Laan en Binnelanders vertolk het, en haar akteur-kêrel Murray (44) koer omtrent op hul tropiese vakansie in Tanzanië en geniet elke oomblik daarvan.

By 'n foto van hul uitsig, skryf sy: “ ’n Stukkie paradys. Slaap kry nuwe betekenis wanneer jy dit met die natuur en liefde deel. My stresvolle oomblikke weifel tussen: swem ons of is dit tyd om 'n uiltjie te knip? Dankie, Tanzanië, vir jou warm verwelkoming en ongelooflike kos!” 

Sy noem ook in 'n ander inskrywing hoe lekker Murray in die son gebrand het. Die twee het ook 'n naweek in Stonetown in Zanzibar deurgebring.

"Al wat ek hoor is apies in die bome, visarende en die see . . . en die geluid van my mens wat heeldag glimlag!,” het sy by ’n kiekie van hulle twee saam geskryf. 

Op nog 'n foto skeer die paartjie die gek en lyk hulle heel ontspanne.

Hulle koer gereeld in die sosiale media en is nie skaam om te wys hoe hulle oor mekaar voel nie.

From the tummy!!!

A post shared by Kim Cloete (@kim_cloete) on

Die twee het duidelik die skoot hoog deur!