Die kleinding het net ’n dag ná haar sanger-pappa haar tweede verjaardag gevier. Bobby het Dinsdag 31 geword. 

Die trotse pappa het dié foto van Armani op sosiale media gedeel:

Steve Hofmeyr se vrou, Janine, het ook vir klein Armani geluk gewens. "Baie geluk, poppie," skryf sy by die foto. 

Net ’n dag voor Armani se verjaardag het Bobby sy verjaardag in die hospitaal deurgebring. Bobby, wat ook twee seuntjies, Sion (6) en Leben (5), het, het op Instagram gesê een van sy seuns was Dinsdag in die hospitaal. 

Dit is onduidelik waarom hy in die hospitaal is en of hy al ontslaan is.

En kyk net die oulike boodskap wat Armani onlangs vir haar pappa gestuur het. 

Die video het nie net sy aanhangers se harte vermurwe nie, maar ook pa Bobby se hart laat smelt.

"Jis sy's alles vir my," het hy laat hoor. Te oulik.