Ondersteuners was egter in die donker gehul oor hoekom hy in die hospitaal was, en hy het slegs gesê hy ondergaan ’n paar toetse. 

Die sanger het Woensdagoggend op sy Instagram verklap waarvoor die toetse is. 

“Ek sien daar is 'n paar mense wat ongelukkig is omdat ek nie sê presies wat aangaan nie, maar om die waarheid te sê weet ek self ook nog nie presies nie,” skryf hy op Instagram by ’n foto waar hy op die bed in die hospitaal lê. 

“Ons doen ’n hele paar toetse waar onder meer na die suurvlakke in my liggaam gekyk word.” 

Bobby vertel verder hy moes die laaste ruk drie mantelvliesbreuk-operasies ondergaan.

Sy stembande is ook ondersoek, en hy het vier operasies aan sy stembande gehad.

"Dan ondersoek hulle my breingolwe asook slaapapnee omdat ek so 20 keer per uur ophou asemhaal as ek slaap, partykeer solank soos 40 sekondes," skryf hy verder. “Dis amper 160 keer per nag wat ek ophou asemhaal.” 

Hy sluit die inskrywing af om te sê hy mis vreeslik sy vrou en kinders. 

“Dankie vir almal boodskappe. Ek sal fine wees.”