Sowat 'n honderd gaste, waaronder familie en vriende, het by die Safari Restaurant in Pretoria bymekaargekom om die dag met dié langbeen donkerkop te vier.

Cara se ma, Ronél Brink, het Maandag ’n foto met ’n boodskap aan haar jongste spruit op Instagram gedeel.

“Ek het nog nooit in my lewe iemand teëgekom wat so vinnig in mense se harte klim nie. Hulle ontmoet haar en ’n week later word sy na ’n troue genooi van mense wat sy die vorige week leer ken het. Daar is iets in Cara se menswees wat ander mense se harte onmiddellik aanraak,” lui die inskrywing.

“My gebed vir Cara is eenvoudig, dat sy sal wees en word wat God, YAHWYEH, oor haar uitgeroep het van voor die grondlegging van die aarde. Dat sy haar identiteit in Christus sal vasmaak en in haar roeping sal opstaan en leef,” voeg sy by. 

Cara by haar ma, Ronél Brink, wat ook Bobby en Karlien se bestuurder is. Foto: Argief
Cara by haar broer, die sanger Bobby van Jaarsveld. Sy is gereeld kinderoppasser vir sy kinders. Foto: Argief
Cara saam met suster Karlien van Jaarsveld in Huisgenoot se uitgawe van 7 Julie 2016. Die twee verskil 11 en ’n half jaar, maar is baie geheg aan mekaar. Foto: Argief
Foto: Argief

Ronél het ook ’n foto gedeel van die jongste lid van die gesin se verjaarsdagkoek wat versier is met ’n Converse All Star-tekkie.

“Dit het gepas by die tema en Cara se geaardheid omdat sy ’n baie casual mens is,” het Ronél aan Huisgenoot gesê.

Die lekkerste en mooiste koek! Dankie Louise!

A post shared by Ronel Brink (@ronelbrink1) on

Dié aspirant-kleuterskoolonderwyseres, wat verkies om uit die kollig te bly, is min gepla om vuil te word terwyl sy met kleuters speel, het sy 2016 aan Huisgenoot gesê. 

Sy verkies ook enige dag ’n langbroek met platskoene eerder as ’n rok en hoë hakke.