“Hy het regtig een van die sagste en mooiste kinderharte,” het sy ouma Ronel Brink aan Huisgenoot gesê.

Sy sê die familie het reeds Saterdag sy verjaardag gevier en dit was ’n jolige affêre.

Ronel is die ouma van ses klein kinders en Sion is haar oudste klein kind.

Sy het dié mooi boodskap op Instagram gedeel: “As almal net in jou ogies kon kyk, sou daar soveel meer mooi in hierdie lewe wees.”

Pa Bobby kon ook nie uitgepraat raak oor sy blondekop se goeie hart nie. “Geluk met jou verjaardag, liefste Sion. Ek's so bly God het ons uitgekies om jou ouers te wees! Jou hart is suiwer.”

 Bobby en Annatjie het nog twee kinders, Leben en ’n dogtertjie, Armani.