Die sexy sanger en beoordelaar van die sangkompetisie The Voice SA het Vrydag die oulikste video van sy dogtertjie, Armani, gedeel.

"Wanneer jy werk en jou kinders mis en jou vrou stuur die.... Jis sys ALLES vir my. My #Armanie muis," skryf Bobby by die video.

"Love jou, pappa," sê Armani vir Bobby in die video.

Meer as een aanhanger noem dat Armani nes haar pappa lyk!

"Sy het beslis haar Pappa se mond en glimlaggie," skryf een.

"Maansie!!!!!" skryf sy suster Karlien by die foto, met ’n klop emoji's.

Bobby en Annatjie het ook twee seuns Sion (6) en Leben (5). 

Hy deel gereeld die skattigste foto's van sy kroos.

Die paartjie het in Januarie 2018 hul sewende huweliksherdenking gevier.

"Deur soveel dinge saam. Hemel en Hel maar ek kies jou weer en weer en weer. Lief vir jou my Anna..." skryf Bobby by ’n foto waar hy Annatjie soen. 

Bobby en Annatjie. Foto: Instagram/ Bobby van Jaarsveld