Bobby het Donderdagmiddag getwiet: “Sopas op die OR Tambo-lughawe geland en dis die tweede keer in net twee dae wat hulle goed uit my sakke steel.”

Hy het in dieselfde twiet gevra: “Hoekom stel julle skelms aan, OR Tambo? Verduidelik asb.?”

Ronel Brink, Bobby se ma en bestuurder, het aan Huisgenoot bevestig hy is inderdaad besteel.

“Dis klein goedjies wat gesteel is, maar dis nou die tweede keer in ’n baie kort tyd dat dit gebeur,” het sy aan Huisgenoot gesê. 

OR Tambo se woordvoerders het op Bobby se twiet gereageer en om verskoning gevra. 

“Hi Bobby, ons vra om verskoning vir die ongerief tydens verwerking by ons lughawe. Let asseblief daarop dat voorvalle rakende bagasie-diefstal/beskadigde bagasie sonder vertraging by die lugdiens aangemeld moet word om ’n behoorlike en tydige ondersoek na die saak te verseker,” het hulle geskryf.