Gerrie en Carna Rossouw, ’n gewilde paartjie in die sewende seisoen, se babadogter, Sanri, het onlangs sewe maande oud geword.

“Ons ou lagbekkie,” het Carna by ’n foto van die kleinding op Instagram geskryf.

Sanri het onlangs sewe maande oud geword. Foto: Instagram

Verlede jaar het ons gesien hoe Helene Retief boer Adriaan Geldenhuys se hart steel. Dié stadsjapie van Durbanville, Kaapstad, gaan nog gereeld by hom op sy plaas by Riversdal kuier.

Die liefde blom vir boer Adriaan Geldenhuys en Helene Retief. Foto: Instagram

Boer Hennie Lötter het onlangs ’n foto van hom en vroulief Jacobu op Instagram gedeel en daarby geskryf: “Bestie.”

Hennie Lötter beskryf sy vrou, Jacobu, as sy beste maat. Foto: Instagram

Hulle het in 2016 agter die skerms liefde gevind toe hulle mekaar op die negende seisoen se reünie ontmoet. Verlede jaar het hulle op Hennie se familieplaas naby Willowmore afgehaak.

Al het Carl Möller, ’n veeboer van Carnavon in die Noord-Kaap, vergeefs op die kassie vrou gesoek, het hy toe met ’n ompad liefde gevind.

Boer Carl Möller en Danél Saayman het liefde weg van die TV-kameras gevind. Foto: Instagram

Hy en Danél Saayman, ’n onderwyseres van Vredendal wat ook in die 10de seisoen te sien was, is die afgelope ses maande ’n paartjie.

Danél het aanvanklik vir boer Jacques Vlok geskryf, maar hy het haar toe nie gekies nie.

Ná die seisoen se einde het haar pad met Carl s’n gekruis en nou kuier hulle elke tweede naweek oor en weer.