“Dit was ’n lieflike Saterdagoggend, by die mooiste restaurant in die hartjie van die Boland. My strooimeisies het regtigwaar soveel moeite gedoen en ons almal kon heerlik saamkuier, lag en gesels. Dit was perfek!” borrel sy. 

Anchen en boer Gerrit Genis (33), ’n sitrusboer van Citrusdal in die Wes-Kaap, haak oor minder as twee weke af. “Ek tel die dae af! Elke dag is ’n dag nader aan die dag wat ek met die man van my drome gaan trou.”

Anchen sê haar kombuistee was perfek.
Anchen sê haar kombuistee was perfek. Foto: Verskaf

“Ek kan nie glo meer as ’n jaar se beplanning is verby en dat die dag nou amper hier is nie. Ek het behoorlik butterflies!” vertel Anchen opgewonde. 

Die paartjie het op 3 April verlede jaar op Gerrit se plaas verloof geraak. 

Die kombuistee was by Peaches & Cream-restaurant i
Die kombuistee was by Peaches & Cream-restaurant in die Paarl gehou. Foto: Verskaf
Anchen van Rensburg se kombuistee. Foto: Verskaf
Anchen van Rensburg se kombuistee. Foto: Verskaf

Anchen het aanvanklik vir ’n ander boer in die 12de seisoen van die maatsoekprogram Boer soek ’n vrou ingeskryf. Hoewel sy nie in die program liefde gevind het nie, het sy en boer Gerrit, wat nie genoeg briewe ontvang het om verder aan die reeks deel te neem nie, ná die program met mekaar kontak gemaak. 

Nou is hulle op pad kansel toe.

Anchen se kombuistee en hennepartytjie het op dieselfde dag plaasgevind. “Die kombuistee was die oggend en die hennepartytjie was die middag,” vertel sy. 

Anchen van Rensburg se kombuistee. Foto: Verskaf
Anchen van Rensburg se kombuistee. Foto: Verskaf

Albei geleenthede spog met verskillende tema’s en is deur haar strooimeisies, Rozaan van Huyssteen en Ilse Coetzee, gereël. Die kombuistee se tema was herfs/vintage en die tema vir die hennepartytjie was “Let’s get wild”.

“Omdat baie van my familie en vriende in die Oos-Kaap of ander dele van die land woon, was daar net ’n handjievol gaste wat bestaan het uit Gerrit se familie en dan ook ’n paar van my hegte vriendinne.”

Anchen en haar twee strooimeisies, Rozaan van Huys
Anchen en haar twee strooimeisies, Rozaan van Huyssteen en Ilse Coetzee. Foto: Verskaf

Alles is in plek vir hul troudag op 22 Mei. “Daar is nie nou meer veel wat ons hoef te doen nie, so ek en Gerrit tel nou net die dae af tot die groot dag. Ons is kinderlik opgewonde!”

Die paartjie het voorheen aan Huisgenoot genoem hulle soek hard na ’n pos vir Anchen op Citrusdal of die nabye omgewing en dit het eindelik vrugte afgewerp.

Anchen saam met Gerrit se twee susters en ma. (Van
Anchen saam met Gerrit se twee susters en ma. Van links is Louise van Zyl, Suzanne Coetzee, baba Petrus en Hester Genis. Foto: Verskaf

Anchen wat voorheen as gr. 1-onderwyseres gewerk het op Bredasdorp, wat sowat 300 km vanaf Citrusdal is, hou sedert die begin van die jaar skool op Elandsbaai aan die Weskus. Dis 96 km vanaf Citrusdal. 

anchen van rensburg
Anchen en die vroue wat haar kombuistee bygewoon het glimlag vir ’n foto. Foto: Verskaf

“Ek woon nou op Citrusdal en dit is darem heelwat nader as die 300 km wat ek en Gerrit gereeld moes ry om mekaar te sien,” sê sy. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe