Boer Theunis was deel van Boer Soek ’n Vrou se twa
Boer Theunis, wat deel was van ‘Boer soek ’n vrou’ se twaalfde seisoen, en sy nuwe meisie, Rozanne Marais. Foto: Facebook

Theunis was deel was van die groep boere wat in seisoen 12 van kykNET se werklikheidsprogram vrou gesoek het, en al het hy destyds die koue skouer gekry toe hy vir Marcia vra om langer te bly, het hy nou sy nooi gekry. 

“Dit het lank gevat, maar ek is baie bly,” vertel Theunis, die druiweboer van De Doorns.

Die drie vroue wat destyds by hom gekuier het, was Nericha, Renette en Marcia.

Hy en die blonde skoonheid Rozanne Marais kuier al ’n geruime tyd, maar het die verhouding eers ’n kort rukkie gelede “amptelik gemaak”, vertel hy.

Rozanne is ’n verkoopsverteenwoordiger van ’n mediese maatskappy en woon in Bloemfontein. 

Theunis het haar die eerste keer opgemerk toe sy in 2019 saam met boer André by die Boer soek ’n vrou-reünie opgedaag het. Sy was nie deel van die program nie, en sy en André het mekaar deur gemeenskaplike vriende ontmoet.

“Ek het toe al gedink sy lyk baie oulik,” sê Theunis.

Rozanne het al by Theunis op die plaas buite De Do
Rozanne het al by Theunis op die plaas buite De Doorns kom kuier. Foto: Facebook

Sy het einde verlede jaar vir hom ’n boodskap op Facebook gestuur, en hulle het begin gesels. Theunis het intussen by haar in Bloemfontein gaan kuier en sy op die plaas.

“Sy gaan aan die virtuele Comrades deelneem en wil dit hier in De Doorns kom doen,” vertel hy.

Theunis hardloop nie saam nie en verkies om eerder op sy fiets saam te ry.

“Ons hou altwee daarvan om aktief te wees. Ek dink dit is hoekom ons aanklank vind bymekaar.”

Is jy 'n boer op soek na 'n maat? Skryf nou in

Suid-Afrikaanse boere wat na liefde soek kan nou vir die 14de reeks van Boer Soek ’n Vrou inskryf.

  • Besoek kykNET waar jy ’n inskryfvorm kan aflaai en aanlyn kan inskryf.
  • Of bel Marche Media by 079 335 5137.