‘Boer soek ’n vrou’ se Marciel slaan eerste fliekrol los

akkreditasie
Marciel Hopkins is baie opgewonde oor haar eerste fliekrol. Foto: Verskaf
Marciel Hopkins is baie opgewonde oor haar eerste fliekrol. Foto: Verskaf

“Ek loop oor van dankbaarheid! Dit het redelik vinnig gebeur, maar om nou regtig hier op die stel te wees, laat ’n mens besef hoe ongelooflik groot die geleentheid is,” vertel Marciel aan Huisgenoot. 

Dit was nog altyd haar plan om weer te begin toneelspel, sê Marciel, wat in 2014 haar BA-dramagraad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het. 

“Dis ’n volle ses jaar later wat ek begin het met toneelspel, alhoewel ek van verlede jaar af weer begin het met dramaklasse om my vaardigede op te skerp,” sê sy. 

Dinsdag was amptelik haar eerste dag op stel. “Dit was amazing en het al my verwagtinge oortref.” 

“Ek het so baie geleer en het eintlik maar net probeer om alles in te neem. My pa sê altyd there’s no magic like the first time, so ek het al daai magic probeer inneem,” borrel sy. 

Die fliek, wat se naam binnekort bekendgemaak word, word in die Oudtshoorn-area in die Wes-Kaap verfilm.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees