In haar kantrok en Willem se swart pak en leerdas
In haar kantrok en Willem se swart pak en leerdas op die R364 na die rooibosteeplaas wat hy bestuur. Foto: ER Lombard/Media24/Gallo Images

“Dit was net ek en skoonpa wat geweet het. Sy het altyd gepraat van die Krugerwildtuin. Sy was baie klein toe sy laas daar was. Ek was 11 toe ons daar was,” vertel Willem (31).

“Almal doen altyd ’n see-honeymoon. Ons kon in elk geval nie oorsee gaan met die covid-besigheid nie. Krugerwildtuin in die binneland is waarheen ons toe is,” vertel hy oor sy wittebrood saam met sy vrou, Sanel (24), wat hy sy “Klein Pikkewyn” noem.

Willem en Sanel geniet hul tyd in die Kruger-wildt
Willem en Sanel geniet hul tyd in die Kruger-wildtuin op hul wittebrood. Foto: Verskaf
Veral Sanel is opgewonde oor die Groot Vyf wat hul
Veral Sanel is opgewonde oor die Groot Vyf wat hulle in die wildtuin gesien het. Foto: Verskaf
Willem en Sanel in die Kruger-wildtuin op hul witt
Willem en Sanel in die Kruger-wildtuin op hul wittebrood. Foto: Verskaf

Willem en Sanel het in 2019 op die kassie liefde gevind in die 12de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek n vrou. Hulle het onlangs in ’n sprokiestroue op Clanwilliam afgehaak.

Hulle het kort daarna afgesit na die Krugerwildtuin om hul wittebrood te vier.

“Vir die eerste twee nagte het ons in die suide net buite die Krugerwildtuin in ’n lodge, La Kruger, gebly. Daarna is ons na die Kapama Private Game Reserve net buitekant Hoedspruit. Daar het ons drie nagte gebly.

“Ons het ons amper katswink geëet drie keer ’n dag, laat Willem hoor.

“Ons kon amper terugrol huis toe,” voeg Sanel op die stemboodskap by.

Dan vat Willem weer oor: “Ons het twee keer ’n dag op ’n game drive gegaan. In die oggend is dit bibberkoud sesuur en as die son gaan sak. Ons was gelukkig om al die Groot Vyf te sien. Daarna is ons na Hannah Lodge by Ohrigstad.”

Sanel en Boer Willem geniet n drankie in die Kruge
Sanel en Boer Willem geniet n drankie in die Kruger-wildtuin op hul wittebrood. Foto: Verskaf

“Ons het toe net een aand daar gebly, want skoonpa het laat weet hulle mis ons te veel en dat sy amazing skoonseun nog ’n aand by hulle hê,” spot Willem.

Sanel lag. “Kan jy glo?”

Haar pa, Herman Prinsloo, is 'n sakeman op Brits en haar ma, Johnelle, hoof van ’n kleuterskool.

“Toe spandeer ons die laaste aand by my skoonies en eet lekke hoendervetkoek met slaai en tjips,” vertel Willem.

“Ja, dis die Prinsloos se stapelvoedsel,” verduidelik Sanel. “Dit klink nie soos ’n great kombinasie nie. Maar vir ons werk dit. Ons is mal daaroor.”

“Stysel op stysel. Toe is ons nog dikker ná die tyd,” terg Willem.

“Vir my was dit die lekkerte van die honeymoon. Ons was van Sondag tot Sondag daar. Dit was amazing. Ook om al die wild hier teen jou te sien. Die mense is so ingelig. Ek het met baie goed teruggekom wat ek nie geweet nie,” vertel Sanel opgewonde.

Willem en Sanel in die Kruger-wildtuin op hul witt
Willem en Sanel in die Kruger-wildtuin op hul wittebrood. Foto: Verskaf

“Ons het soos royals gevoel. Dit was freakin' amazing,” voeg Sanel by. “Die paaie tussen die dorpe is maar power, maar selfs dit was die moeite werd om daai mooi wêreld om ons te hê. Wat was vir jou lekker?” vra sy vir manlief.

“Dieselfde as wat vir jou lekker was,” laat hy hoor.

"Dan is ons op dieselfde bladsy. Volgende vraag,” laat die onderwyseres hoor.

Hoe voel dit nou om getroud te wees?

“Vir my voel dit maar dieselfde as voor die troue. Ek sit nou net met ’n permanente probleem in die huis en kan nie van haar ontslae raak nie,” koggel Willem Sanel. “Alle probleme is nou dubbeld waar dit voorheen enkelvoud was.”

Mev. Pool kon nie ophou spog met haar trouring nie
Mev. Pool kon nie ophou spog met haar trouring nie. Foto: Verskaf
wittebrood,Willem Pool,Sanel,Kruger
"Ek is pas getroud," spog Boer Willem Pool aan tafel by 'n lodge van die Kruger-wildtuin in Limpopo. Foto: Verskaf

“Hy jok. Sy maag is elke aand vol,” kap Sanel liefderik terug. Ek het al nuwe resepte probeer. Hulle sê ek probeer my man te beïndruk met die kos.”

“Dis nie iets wat ek nou sal wil eet nie. Ons het so baie geëet op die trippie. Ek hoor hulle sê as jy getroud is, tel jy elke jaar ’n kilogram op,” laat Willem hoor.

“Goeie aarde,” sê sy.

“Ek wil nie oor 20 jaar hier in die huis rondrol nie,” vertel Willem.

“Dit voel vir my nog of ek net kom kuier,” meen Sanel. “Dit sal later seker ’n realiteit word dat ek elke dag skool toe ry.”

Sanel het begin verlede jaar as gr. R-onderwyseres daar naby op Leipoldtville begin skoolhou. Die 60 km van dié dorpie na Willem se rooibosplaas op Clanwilliam het sy lag-lag afgelê.

“Ek bel nog koshuis toe om te hoor wat hulle daar kook om idees te kry vir my hier in die kombuis. Dis lekker om hom elke dag te sien, tot dusver.”

“Sy moet maar so sê, want sy is my vrou,” laat hy hoor.

Oral op hul wittebrood-reis was daar opwindende af
Oral op hul wittebrood-reis was daar opwindende afdraaipaadjies. Foto: Verskaf
"Dis soos om saam met my beste maatjie te wees," is Sanel se reaksie oor hul reis noorde toe vir hul wittebrood. Foto: Verskaf

Willem sien veral uit na ’n goeie reënseisoen hierdie jaar ná ’n knellende droogte wat van Clanwilliam tot bo in die Noord-Kaap geheers het; daar was soms tot 10 jaar nie ’n druppel reën nie. 

“Ek sien natuurlik ook uit na ’n jaar wat ons nuwe goed kan aanpak,” vertel hy. “En dat ons mekaar nog beter leer ken, nuwe avonture aanpak en dinge doen as man en vrou. En ten minste 10 tot 15 kg verloor. Mense op sosiale media vertel my ek het lekker lyf gekry vandat ek saam met Sanel is.”

Sy giggel lekker. “Dis seker die braaibroodjies, want ek sukkel met die pap . . . Ek sien uit dat ons nog baie vakansie gaan hou. Dis lekker om ’n beste maatjie te hê om alles saam te doen; wat jou verstaan in elke opsig.”

“Daar sal ook geboer word,” vertel Willem. “Die plaas kan nie op sy eie aangaan nie.”

Willem en Sanel was byna elke oggend en aand op sa
Willem en Sanel was byna elke oggend en aand op safari deur die Kruger-wildtuin. Foto: Verskaf

Hulle gewildheid en bekendheid is eintlik ’n riem onder die hart. “Dis lekker om te hoor dat mense van ons storie hou en dalk ook gaan deelneem aan Boer soek ’n vrou. En as mense ons voorkeer," vertel Sanel.

“Op pad terug van die wittebrood af het ’n tannie ons voorgekeer: “Toe, gaan ons van die kinders ook in die Huisgenoot lees? Stadig tannie, stadig. Ons albei is lief vir kinders. Ons het regtig ook nie die geld nie.”

“Daar moet baie water in die see loop,” meen Sanel.

“Ons bly maar net onsself; die average mensies van Clanwiliam,” sê Willem. As ons iemand weer kan hoop gee en in liefde kan laat glo . . .”

Sanel en Willem pas nadat hulle in die eg verbind
Sanel en Willem pas nadat hulle in die eg verbind is op Clanwilliam in die Cederberge. Foto: Kilig Photography
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe