Sy en Gerrit, ’n sitrusboer van Citrusdal in die Wes-Kaap, het ná afloop van die reeks kontak gemaak en het in April verlede jaar verloof geraak. 

Die bruid se rok is deur Annica Lourens ontwerp
Die bruid se rok is deur Annica Lourens ontwerp. Foto: Alyssa & Martyn van Eeden @AVE Weddings & Lifestyle
Anchen sê sy kon nie vir ’n beter man vra as Gerri
Anchen sê sy kon nie vir ’n beter man vra as Gerrit nie. Foto: Alyssa & Martyn van Eeden @AVE Weddings & Lifestyle

“Toe ons begin praat, het ek geweet daar is iets in haar wat my aantrek. Toe ek haar in lewende lywe ontmoet, het iets vir my gesê dis die vrou vir wie jy nog jou hele lewe lank wag,” sê Gerrit. 

gerrit genis,anchen van rensburg
Gerrit Genis. Foto: Alyssa & Martyn van Eeden @AVE Weddings & Lifestyle
Die egpaar en hul gevolg. Van links is Rozaan van
Die egpaar en hul gevolg. Van links is Rozaan van Huyssteen, Ruben Terblanche, die bruidspaar, Riaan van Zyl en Ilse Coetzee. Foto: Alyssa & Martyn van Eeden @AVE Weddings & Lifestyle

Die paartjie het onlangs by die Au d’ Hex-landgoed op die Bolandse dorp Wellington afgehaak. “Dit was alles waarvan ek ooit kon droom,” sê Anchen.

Anchen se trouring deur Louise van Graan van Vonke
Anchen se trouring deur Louise van Graan van Vonkel. Foto: Alyssa & Martyn van Eeden @AVE Weddings & Lifestyle
Die dekor deur Baie Goeters
Die dekor deur Baie Goeters. Foto: Alyssa & Martyn van Eeden @AVE Weddings & Lifestyle

Haar rok is deur die Paarlse ontwerper Annica Lourens gemaak en het haar soos ’n handskoen gepas. “Ek is so bly ek kon my rok laat maak eerder as om net ’n rok te huur. Dit is so ’n lekker proses, want jy kry die geleentheid om ’n rok te maak presies soos jy dit wil hê,” sê Anchen.   

Ds. Lourens Bester het die paartjie in die eg verb
Ds. Lourens Bester het die paartjie in die eg verbind. Foto: Alyssa & Martyn van Eeden @AVE Weddings & Lifestyle
Die pasgetroudes saam met Anchen se ouers, Rista e
Die pasgetroudes saam met Anchen se ouers, Rista en Riaan, haar ouma, Freda, en broer, Estiaan. Foto: Alyssa & Martyn van Eeden @AVE Weddings & Lifestyle

Gerrit kon op die dag nie sy oë van Anchen afhou nie. “Anchen het ongelooflik mooi gelyk, my asem was weggeslaan! Ek het die grootste gevoel van sekerheid gekry dat ek met my beste maatjie trou,” sê hy.

anchen van rensburg,gerrit genis,troue
Die bruidspaar saam met (van links) Gerrit se broer, Francois, sy vrou, Liesl, hul kinders, Rudo en Addison, Gerrit se suster Louise van Zyl en haar man, Riaan, Gerrit se ouers, Louis en Hester, sy suster Suzanne Coetzee en haar man, Charl. In Charl se arms is hul dogters Margaret en Charlotte en voor staan die res van hul kroos, Elizabeth en Hendrien. Foto: Alyssa & Martyn van Eeden @AVE Weddings & Lifestyle

Die sangeres Nádine het hulle spesiaal toegesing. “Ek en sy ken mekaar al ’n ruk lank en sy het altyd gesê wanneer ek trou, sal sy vir my kom sing," vertel Anchen. 

Nádine het spesiaal by die paartjie se troue opge
Nádine het spesiaal by die paartjie se troue opgetree. Foto: Alyssa & Martyn van Eeden @AVE Weddings & Lifestyle

Hoe voel dit om eindelik Gerrit haar man te noem?

Vir Gerrit het Anchen ongelooflik mooi gelyk en be
Vir Gerrit het Anchen ongelooflik mooi gelyk en behoorlik sy asem laat wegslaan. Foto: Alyssa & Martyn van Eeden @AVE Weddings & Lifestyle

“Ek knyp myself wanneer ek na Gerrit kyk en besef hy is nou my man. Ek kon nie vir ’n beter man gevra het nie.” 

anchen van rensburg,gerrit genis,troue
Foto: Alyssa & Martyn van Eeden @AVE Weddings & Lifestyle

Vir nou moet die wittebrood eers wag tot die skoolvakansie in Julie, vertel dié gr. 1-onderwyseres. “Gerrit se seisoen begin ook nou, so ons het nog iets lekkers om na uit te sien wanneer ons op wittebrood gaan.”   

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe