Malcolm beplan al meer as ’n maand saam met ’n paar vriende en familie oor hoe hy vir sy meisie van die afgelope 10 jaar gaan vra om sy vrou te word. 

Hy het dit eindelik verlede week in die Bosveld by die Kilima Privaat Wildreservaat en Spa in Tzaneen in Limpopo gedoen. 

View this post on Instagram

Everything I hold dear, resides in those eyes ??

A post shared by Kirsten Grant (@kirstagrant) on

Hy het sy donkerkopmeisie in trane gehad. “Sy het begin huil, maar was baie bly daaroor,” vertel Malcolm. 

Kirsten, ’n dokter wat haar gemeenskapsdiensjaar by die Sebokeng-hospitaal in Gauteng verrig, het gister die opwindende nuus in die sosiale media gedeel. “Ek het ja gesê! 24.07.2020,” skryf sy. 

View this post on Instagram

I said YES!???? 24.07.2020

A post shared by Kirsten Grant (@kirstagrant) on

Die Springbok is baie opgewonde om Kirsten sy verloofde te noem. “Woorde kan nie beskryf hoe dit my laat voel nie. Ek is baie gelukkig en bevoorreg,” vertel hy. 

Die paartjie was vroeër vanjaar weke lank sonder mekaar toe Malcolm in Japan gestrand was waar hy vir die Shining Arcs rugby gespeel het tot die covid-19-pandemie uitgebreek het. Voor hy kon terugvlieg, is internasionale vlugte gekanselleer. 

Dit terwyl sy meisie 'n noodsaaklike diens gelewer het tydens die eerste 21 dae van Suid-Afrika se inperking. 

En wanneer is die groot dag? “Ons het nog nie hierop besluit nie, want dis nog net vier dae. Dit sal waarskynlik een of ander tyd volgende jaar wees,” sê Malcolm.