Vincent het op Instagram die nuus onthul dat hul gesin uitbrei.

View this post on Instagram

We’ve been busy as a bee and now there are three!!????Some good news in this difficult and weird time we are going through!!?? @johnnykotze13 #pregant #daddytobe #boyorgirl

A post shared by vincent koch (@vincekoch1) on

“’n Bietjie goeie nuus in dié moeilike en vreemde tyd waardeur ons gaan,” skryf Vincent by ’n foto van hom en Jandré waarop hy ’n sonarfoto vashou. 

Die egpaar se eersteling word na verwagting in Oktober gebore. 

Die egpaar se eersteling word na verwagting in Okt
Die egpaar se eersteling word na verwagting in Oktober gebore. Foto: Verskaf

Vincent speel sedert 2016 vir die Britse klubrugby-span Saracens, maar die egpaar is tans in Ballito in KwaZulu-Natal. 

Vincent en Jandré woon in Engeland waar hy vir die
Vincent en Jandré woon in Engeland waar hy vir die klubspan Saracens uitdraf. Foto: Verskaf

“Ons is baie dankbaar om tyd saam met familie deur te bring,” sê Jandré. 

“Ons staan vroeg op en oefen, of ek probeer oefen en Vincent oefen homself dood. Dan geniet ons die sonsopkoms met koffie en beskuit en kyk uit na die see. Die res van die dag speel Vincent die videospeletjie Call of Duty en ek lees en vang op met my series. Laatmiddag begin ek kosmaak en later die aand speel ons board games.”

Vincent en Jandré is tans in Ballito tydens inperk
Vincent en Jandré is tans in Ballito tydens inperking. Foto: Instagram

Vincent voeg by dat hy dit mis om die spel waarvoor hy lief is te kan speel. 

“Ja, ek dink as jy enige sportpersoon vra, sal die antwoord ja wees. Ek mis dit om elke dag saam met my vriende te wees en die game te speel waarvoor ek lief is. Ek en die rugbyspeler Johnny Kotze, hulle is saam met ons in Ballito, hardloop bulte soggens en gym smiddae,” sê die oud-Stormer. 

Die Bokstut en sy vrou het op 10 Junie 2017 afgeha
Die Bokstut en sy vrou het op 10 Junie 2017 afgehaak. Foto: Verskaf

Vincent en sy vrou sal aan name begin dink wanneer hulle die geslag van hul eersteling uitvind. 

“Ek soek natuurlik ’n seuntjie en Vincent soek ’n dogtertjie,” vertel Jandré laggend.

“Ons het lank gebid vir ons pienkvoet. Woorde kan nie beskryf hoe gelukkig ons oor dié nuus was nie. Die trane het geloop,” sê sy.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.