WAT BETEKEN DIT VIR JOU OM 30 TE WORD? 

Dit is ’n wonderlike geleentheid om vars te begin en na die toekoms uit te sien. Ek gaan besin oor wat ek gedoen het, kyk waar ek kan verbeter en wat ek met my stigting kan doen.

Die Springbokkaptein, Siya Kolisi
Die Springbokkaptein, Siya Kolisi. Foto: Instagram/@siya_kolisi_the_bear

SOU JOU 10-JARIGE SELF TROTS GEWEES HET OP WIE JY NOU IS?  

Ja, maar daar is nog soveel om te doen. Die 30-jarige ek wil soveel 10-jariges se stories verander as wat ek kan. Ek wil hê hulle moet weet alles is moontlik en dat hulle struikelblokke kan oorkom. Ek wil seker maak die “volgende Siya” sukkel nie soos ek gesukkel het nie.

WAT IS JOU GUNSTELINGAANHALING OM JOU TE MOTIVEER?

Siya draf deesdae vir die Haaie uit.
Siya draf deesdae vir die Haaie uit. Foto: Instagram/@siya_kolisi_the_bear

“Umuntu ngumuntu ngabantu” – jy is wie jy is danksy ander mense. Ek glo dis hoe ek sukses behaal het in die lewe. Ek glo nie in die konsep dat mense selfgemaak is nie, daar is altyd dié wat ’n verskil in jou lewe maak. 

WATTER LEWENSLESSE HET OUERSKAP JOU GELEER? 

Die kosbaarste geskenk wat jy aan jou kinders kan gee, is tyd. Hulle raak vinnig verveeld met speelgoed, want daar is altyd nuwe speelgoed. Al wat my kinders saam met my wil doen, is speel. Dit is die grootste ding wat hulle wil hê: jou tyd. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe