Die 50-jarige akteur het soos ’n raakvatpa gelyk terwyl hy en sy vrou, die Disobedience-ster Rachel Weisz (48), deur die JFK-lughawe in New York stap.

Foto: Instagram/@danielcraigofficialfans

Maar gemeet aan sy verslonste voorkoms en moeë uitdrukking is dit selfs moeiliker om ’n nuwe pa te wees as om die wêreld van Spectre te red.

Hul babadogter, wie se naam nog nie bekendgemaak is nie, is hul eerste kind saam, maar albei het kinders uit vorige verhoudings. Daniel het ’n 26-jarige dogter, Ella, by die aktrise Fiona Loudon (49) en Rachel ’n 12-jarige seun, Henry, by die regisseur Darren Aronofsky (49).

View this post on Instagram

?

A post shared by Daniel Craig ?? (@theofficial_daniel_craig) on

Daniel is sedert sy dogter se geboorte einde Augustus ’n betrokke pa.

Hy het hom juis daarom onlangs midde-in een van die omstrede Britse geselsprogramaambieder Piers Morgan se tirades bevind nadat hy die kleinding in ’n abbasak gedra het.

View this post on Instagram

A new picture of Daniel with his little girl. ??

A post shared by Daniel Craig (@danielcraigofficialfans) on

“James Bond sal nooit ’n abbasak gebruik nie,” het Piers (53) oor die fiktiewe spioen beweer en die akteur “ontman” genoem. Terwyl Daniel oor die saak stilgebly het, het Piers baie teenkanting in die sosiale media gekry.

Selfs die Captain America: The Winter Soldier-ster Chris Evans (37) het sy mening gelug en gesê die aanbieder is “onseker van sy eie manlikheid”.

Ons stem saam met Chris...